God se Groot Werke episode artwork

EPISODE · Feb 27, 2024 · 2 MIN

God se Groot Werke

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJeremia 32:17 Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie. Het jy al ooit daarna gesmag om iets "groots" vir God te doen? Het jy al gedroom dat Hy kragtig deur jou in ander mense se lewens sal werk? Vir baie mense bly dit egter net 'n droom.Enigeen wat Jesus liefhet, het daardie drome gehad; daardie idee dat ons iets magtigs vir Hom kan doen; iets wat 'n reuse impak op die wêreld en die lewens van diegene rondom ons sal hê. Maar so dikwels, kry die daaglikse realiteite en die druk van ons lewens die oorhand oor ons.En net daar verdwyn daardie wonderlike droom! En ons kom met 'n harde slag terug aarde toe. Die probleem met daardie drome is dat ons vanuit die verkeerde perspektief na hulle kyk. Ons sien hulle deur die prisma van wat óns kan doen, eerder as van wat God reeds gedoen het.Kyk wat het die Ou Testamentiese profeet Jeremia geskryf:Jeremia 32:17 Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie.In 'n tyd toe Israel groot teëspoed gehad het, het God hulle herinner aan Wie die groot krag en mag het en vir Wie niks onmoontlik is nie!Vanuit ons perspektief lyk grootse werke altyd onmoontlik. Hudson Taylor, die negentiende-eeuse sendeling na China, het dit eerstehands ervaar. Hy het verskriklike teenstand ondervind. Maar uit sy rype ervaring in sy lewe van diens aan God in die vreemde, het hy geskryf: "Ek het gevind dat daar drie stadiums in elke groot werk van God is ... eers is dit onmoontlik, dan is dit moeilik, en dan is dit klaar."Daardie grootse werke waarvan ons droom, is nie ons werke nie, dit is God se werke ... vir Hom is daar niks onmoontlik nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 27, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Jeremia 32:17 Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie. Het jy al ooit daarna gesmag om iets "groots" vir God te doen? Het jy al gedroom dat Hy kragtig deur jou in ander mense se lewens sal werk? Vir baie mense bly dit egter net 'n droom. Enigeen wat Jesus liefhet, het daardie drome gehad; daardie idee dat ons iets magtigs vir Hom kan doen; iets wat 'n reuse impak op die wêreld en die lewens van diegene rondom ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

God se Groot Werke

0:00 2:48

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 27, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!