God se Koninkryk is so … episode artwork

EPISODE · Jul 17, 2024 · 3 MIN

God se Koninkryk is so …

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMatteus 13:31,32 Hier is nog ’n gelykenis wat Hy vir hulle vertel het: “God se koningsheerskappy is soos ’n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het. Dit is die kleinste van alle saadsoorte, maar as dit groei, word dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit word so ’n groot boom dat die voëls in sy takke kan kom nesmaak.” (NLV) Hier is iets waarmee baie mense sukkel: hulle wil meer geloof hê. Wil jy ook een of ander geestelike dimensie tot jou lewe toevoeg? Maar, in die konteks van alles waarmee jy besig is, voel daardie dimensie so onbelangrik, so onbenullig, so … deur die geroesemoes verdring.Het jy al ooit so gevoel? Ek het beslis! Die lewe word so gekompliseerd en verg nogal baie van ‘n mens. Daar is soveel dinge om aan aandag te gee dat dit amper onmoontlik lyk om by daardie geestelike dimensie uit te kom. Jesus het dit geweet, daarom het Hy hierdie storie vertel:Matteus 13:31,32 Hier is nog ’n gelykenis wat Hy vir hulle vertel het: “God se koningsheerskappy is soos ’n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het. Dit is die kleinste van alle saadsoorte, maar as dit groei, word dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit word so ’n groot boom dat die voëls in sy takke kan kom nesmaak.” (NLV)Maar weet jy, die mense wat na hierdie gelykenis van Jesus geluister het, het geweet waarvan Hy praat. Hulle het geweet die woord "koninkryk" beteken die volledige heerskappy en gesag van 'n koning. Toentertyd het die Israeliete hul eie konings gehad, maar in Jesus se tyd was dit die brutale heerskappy van Caesar in Rome. Nouja … wat sê Jesus dan?Hy verduidelik dat wanneer jy daardie mosterdsaadjie van geloof in jou hart plant (die kleinste saadjie wat hulle geken het) dit vinnig tot die grootste boom sal groei. Jou geloof sal die grootste werklikheid in jou lewe word. Om die waarheid te sê, so groot dat ander mense, net soos die voëls in die mosterdboom, na jou toe sal kom en uit jou geloof sal baat. Goed, as jy dan sê dat al wat jy, te midde van die geroesemoes van jou lewe, het, net 'n mosterdsaadjie van geloof is … pasop! Want volgens Jesus is dit meer as genoeg.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 17, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Matteus 13:31,32 Hier is nog ’n gelykenis wat Hy vir hulle vertel het: “God se koningsheerskappy is soos ’n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het. Dit is die kleinste van alle saadsoorte, maar as dit groei, word dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit word so ’n groot boom dat die voëls in sy takke kan kom nesmaak.” (NLV) Hier is iets waarmee baie mense sukkel: hulle wil meer geloof hê. Wil jy ook een of ander geestelike dimensie tot jou lewe toevoeg...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

God se Koninkryk is so …

0:00 3:18

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 17, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!