God se Liefde Vir Jou episode artwork

EPISODE · Jul 31, 2025 · 3 MIN

God se Liefde Vir Jou

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Johannes 4:16 En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. Ek wonder hoeveel liefdesliedjies al ooit geskryf is. Sekerlik miljoene? Sommer amper soveel soos die sandkorrels op 'n strand .... Liefde is sonder twyfel deur die eeue die enkele, mees populêre onderwerp van liedjies. Hoekom dink jy is dit so?Liefdesliedjies is al duisende jare deel van die wyse waarop mense hulself uitdruk. Weet jy dat die antieke beskawings – die Grieke, die Romeine, die Egiptenare, die Chinese, die Indiërs –almal hul eie liefdesliedjies gehad het? Baie is mondeling oorgelewer. Sommige word steeds vandag nog gesing.Maar ons sien hoe met die vooruitgang van die tegnologie en die verspreiding van musiek op digitale musiekplatforms, die aantal liefdesliedjies, ontelbaar geword het.Dit bevestig dat liefde sonder twyfel die enkele, belangrikste onderwerp is wat aan die mensdom bekend is. Ons almal wil liefgehê word. Die mens het liefde nodig. Ons almal het die vermoë om ander mense lief te hê. Daar is 'n rede daarvoor, en dit is die volgende:1 Johannes 4:16 En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.Ag nee man, jou gesonde verstand sê tog vir jou dat iets so wonderlik, so kompleks, so glorieryk soos liefde, tog nie uit 'n versameling selle uit die voorwêreldse oerslym kon ontstaan het nie! Liefde kom van God, omdat God liefde is. Punt.En hier is ek en jy, geskape na sy beeld met 'n geweldige vermoë om lief te hê en liefgehê te word, en dit alles omdat God liefde is.Wie is daar vandag, vir wie jy liefde moet bewys? Want op die ou end, is die belangrikste ding wat ek en jy vandag, môre en die volgende dag moet doen ... is, om lief te hêDis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 31, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Johannes 4:16 En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. Ek wonder hoeveel liefdesliedjies al ooit geskryf is. Sekerlik miljoene? Sommer amper soveel soos die sandkorrels op 'n strand .... Liefde is sonder twyfel deur die eeue die enkele, mees populêre onderwerp van liedjies. Hoekom dink jy is dit so? Liefdesliedjies is al duisende jare deel van die wyse waarop mense hulself uitdruk...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

God se Liefde Vir Jou

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 31, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!