God se Ontferming oor Jou episode artwork

EPISODE · May 5, 2025 · 2 MIN

God se Ontferming oor Jou

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 103:13 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. 'n Sagte hart sal, wanneer dit iemand sien ly, daardie persoon se pyn ervaar asof dit sy eie is ... Maar, dink mooi - op watter stadium is dit geregverdigd om ‘n ander persoon se pyn so vir jouself aan te trek, dat dit gedeelde lyding word?Op verskillende tye van ons lewens was ons elkeen aan beide kante van hierdie groot liefdestransaksie waarna ons as 'deernis' verwys. Enige ouer sal baie keer as hulle sien hulle kind kry swaar, met deernis oorweldig word.En op sommige van die donkerste dae van ons eie lewens, is ons elkeen vertroos, ondersteun en aangemoedig deur die deernis van ander. Wanneer jy nadink aan daardie moeilike tye, en dink aan diegene wat aan jou deernis betoon het; die mense wat hul bes gedoen het om jou lyding te verlig, word jou hart op so 'n spesiale manier week.Dit is uit hierdie diep, persoonlike ervaring van deernis, wat ons die beste kan begin verstaan wat God sê:Psalm 103:13 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.God se Vaderhart is oorweldig met 'n deernis wat ons skaars kan begryp, wanneer ons na Hom toe gaan en eenvoudig glo dat Jesus gestuur is om vir ons te ly. Ja, wanneer ons glo dat Jesus vir ons gesterf het en die verskriklike straf wat ons toekom vir ons opstand,  in óns plek gedra het. God het deernis wanneer ons ons lyding neem en dit aan die voet van die Kruis neerlê.Daarom kan jy met vrymoedigheid al jou pyn, al jou lyding na Hom toe neem. Want Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 5, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 103:13 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. 'n Sagte hart sal, wanneer dit iemand sien ly, daardie persoon se pyn ervaar asof dit sy eie is ... Maar, dink mooi - op watter stadium is dit geregverdigd om ‘n ander persoon se pyn so vir jouself aan te trek, dat dit gedeelde lyding word? Op verskillende tye van ons lewens was ons elkeen aan beide kante van hierdie groot liefdestransaksie waarna ons as 'deernis' verw...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

God se Ontferming oor Jou

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 5, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!