God se Oogmerk episode artwork

EPISODE · Nov 28, 2024 · 2 MIN

God se Oogmerk

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailNumeri  6:22-26 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! Dis ongelooflik belangrik om iemand se motiewe te verstaan. Ja, ons het almal al geleer dat jy maklik deur mense om die bos gelei kan word; want nie almal is, wie hulle sê hulle is nie. En nie almal doen, wat hulle belowe om te doen nie. Dit is net die beloop van die wêreld.Ek moet jou vertel, die dag toe ek destyds die jongman, wat nou my dogter se man en die pa van hul twee kinders is, die eerste keer ontmoet het, het ek my haelgeweer oorgehaal gehad.Hulle was albei jonk en ek het nie gedink dat hulle eendag sou trou en self ouers sou word nie. Maar my maat, moenie 'n fout maak nie, ek het hom fyn dopgehou en sy agtergrond nagegaan om te sien of hy my dogter goed sal behandel. Dit is tog wat vaders veronderstel is om te doen! Hy het, terloops, bewys dat hy die beste man en pa is, waarop ek kon hoop.Maar kom ons kyk ‘n bietjie na wat God se oogmerk destyds vir sy volk was, en uiteraard ook vandag vir ons is. Daar is 'n interessante en baie bekende gedeelte, waarin God vir Moses beveel om sy volk te seën in:Numeri 6:22-26 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!God se hart, ja, God se passie, is om jou ongelooflik baie te seën soos jy Hom beter en beter leer ken. God se doelwit vir jou lewe is reg en goed. Baie goed.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 28, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Numeri 6:22-26 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! Dis ongelooflik belangrik om iemand se motiewe te verstaan. Ja, ons het almal al geleer dat jy maklik deur mense om die bos gelei kan word; want nie almal is, wie hulle sê hulle is ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

God se Oogmerk

0:00 2:36

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 28, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!