God se Perfekte Liefde Vir Ons episode artwork

EPISODE · Mar 12, 2026 · 3 MIN

God se Perfekte Liefde Vir Ons

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 34:19 Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is. (NLV) Het jy al ooit ongeliefd en verwerp gevoel? Soms kom daardie gevoel uit 'n diep eensaamheid en isolasie wat absoluut onbeskryflik is. Wanneer mense versuim om vir jou erkenning te gee, of om jou te bedank, voel jy asof jy nie belangrik is nie, asof jy nie saak maak nie... Hierdie idee dat mense nie vir jou omgee nie, is baie meer algemeen as wat jy dink. Iemand het onlangs aan my geskryf en gesê: Baie mense, insluitend ekself, voel – en glo selfs – dat niemand vir hulle lief is nie; of dat liefde voorwaardelik is. Kan jy asseblief ‘n prentjie van God se perfekte liefde vir ons skep?Daar is die kern, net daar. Nog een van die miljoene mense op die planeet wat, op hierdie oomblik, ongeliefd voel. So, ingeval jy jouself nou in daardie situasie bevind, of jou eendag in daardie situasie sou bevind; hier is die waarheid om jou hart te genees:Psalm 34:19 Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is. (NLV)Die medelye wat God vir jou het, is onbeperk. Wanneer jy so eensaam voel dat jou gees binne-in jou verpletter voel, kan jy weet dat God op hierdie oomblik naby jou is, en die diepste geheime van jou hart ken. En Hy is vasbeslote om jou uit hierdie situasie te red.Corrie ten Boom is destyds deur die Nazi's gevange geneem en gemartel omdat sy Jode gehelp het om van die holocaust, of te wel die volksmoord, te ontsnap. Haar lyding was onbeskryflik. Maar weet jy, sy het eenkeer gesê: Daar is geen put so diep dat God se liefde nie nog dieper is nie.Mense met gebroke harte dink dat God ver weg is, terwyl dit eintlik dié oomblikke is wat Hy die naaste aan hulle is. Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 12, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 34:19 Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is. (NLV) Het jy al ooit ongeliefd en verwerp gevoel? Soms kom daardie gevoel uit 'n diep eensaamheid en isolasie wat absoluut onbeskryflik is. Wanneer mense versuim om vir jou erkenning te gee, of om jou te bedank, voel jy asof jy nie belangrik is nie, asof jy nie saak maak nie... Hierdie idee dat mense nie vir jou omgee nie, is baie meer algemeen as wat jy dink. Iemand het onl...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

God se Perfekte Liefde Vir Ons

0:00 3:13

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 12, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!