God se Tydsberekening is Altyd Perfek episode artwork

EPISODE · Sep 26, 2025 · 3 MIN

God se Tydsberekening is Altyd Perfek

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHabakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Het jy al, terwyl jy wag op 'n deurbraak, jouself tussen 'n hamer en ‘n aambeeld vasgevang gevind... en jy wag, en jy wag, en jy wag... Sal daardie deurbraak betyds kom, of sal alles tot niet gaan? Ek is seker jy het dit al meer as een keer ervaar. En wanneer dinge op die randjie van ineenstorting wankel, kan dit jou ernstig laat twyfel oor God se tydsberekening.In Augustus 1776, tydens die Amerikaanse Rewolusie, is George Washington se Kontinentale Leër deur die Britte in Brooklyn vasgekeer. Washington het, met die oog op 'n dreigende nederlaag, 'n waaghalsige nagtelike terugtog oor die East River beplan. Die Britse leer, het op daardie tydstip gewag op die Britse vloot om hul troepe te versterk. Toe 'n skielike storm die Britse vloot vertraag het, het daar nog ‘n wonderwerk plaasgevind. Die volgende oggend het 'n digte mis Washington se leër se ontsnapping moontlik gemaak deur hulle bewegings totaal te bedek. Elke soldaat en al die toerusting kon veilig na Manhattan beweeg voordat die Britte ontdek het dat die kamp dolleeg was.Daardie wonderbaarlike tydsberekening het veroorsaak dat die Rewolusie, wat uiteindelik tot die Amerikaanse onafhanklikheid gelei het, voortgegaan het. God se perfekte tydsberekening het die verloop van die geskiedenis verander.Ek is seker Washington sou verkies het dat hy nie so in 'n hoek vasgedruk was nie en dat hy nie 'n gewisse nederlaag in die gesig gestaar het nie. En dit is dieselfde vir ons, wanneer ons swaarkry.Maar gedurende 'n tyd van groot onrus en omwenteling in Israel se geskiedenis, het God die volgende vir hulle gesê:Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.Dit maak nie saak hoe onseker dinge lyk nie; onder hoeveel druk jy verkeer nie, en hoe desperaat jy God nodig het om nóú op te daag nie; onthou sy tydsberekening is altyd beter as joune.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 26, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Het jy al, terwyl jy wag op 'n deurbraak, jouself tussen 'n hamer en ‘n aambeeld vasgevang gevind... en jy wag, en jy wag, en jy wag... Sal daardie deurbraak betyds kom, of sal alles tot niet gaan? Ek is seker jy het dit al meer as een keer ervaar. En wanneer dinge op die randjie van i...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

God se Tydsberekening is Altyd Perfek

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 26, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!