God se Tydsberekening is Perfek episode artwork

EPISODE · Apr 17, 2024 · 2 MIN

God se Tydsberekening is Perfek

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHabakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Ek moet ‘n bekentenis maak: ek was nie altyd so in my noppies oor God se tydsberekening nie. Daar was te veel kere wat my lyding te lank aangehou het. En eerlikwaar, daar was te veel kere wat Hy sy seëninge ook te lank teruggehou het! Wat van jou?Ek het 'n jong vriend wie se vrou, kort nadat hulle getroud is, met langtermyn chroniese-uitputting-sindroom gediagnoseer is. Hoekom laat God so iets toe om net aan te gaan?Ek is seker dat ek en jy, tussen ons twee, baie sulke gevalle kan opnoem; en om die saak nog erger te maak, moet ons erken dat ons dikwels God se tydsberekening bevraagteken het. Hoekom het Hy, wat ons betref, sulke slegte tydsberekening?Habakuk, die Ou Testamentiese profeet, het ook so gevoel: Habakuk 1:2 Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?Dinge het glad nie goed gegaan met die Israeliete nie. Die Babiloniërs het verwoesting gesaai. Geen wonder dat Habakuk na God roep nie. Maar kyk wat was God se reaksie.Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.Miskien is jy nie op die oomblik gereed om so ‘n antwoord te hoor of te aanvaar nie. Miskien is dit nie eers iets wat jy wil glo nie. Maar wag 'n oomblik. God weet presies waardeur jy gaan. Ons kan ons troos dat sy tydsberekening altyd perfek is. Wees net geduldig en wag daarvoor. Die tyd sal kom; dit sal nooit te laat wees nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 17, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Ek moet ‘n bekentenis maak: ek was nie altyd so in my noppies oor God se tydsberekening nie. Daar was te veel kere wat my lyding te lank aangehou het. En eerlikwaar, daar was te veel kere wat Hy sy seëninge ook te lank teruggehou het! Wat van jou? Ek het 'n jong vriend wie se vrou, ko...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

God se Tydsberekening is Perfek

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 17, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!