God se Voorkomende Beskerming episode artwork

EPISODE · Aug 14, 2026 · 2 MIN

God se Voorkomende Beskerming

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 25:14-15 Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou. Het jy al ooit vasgekeer gevoel? Asof daar onsigbare nette om jou styftrek, ongeag wat jy doen? Vrees, versoeking, spyt... dit voel soms net onmoontlik om los te breek. Augustinus van Hippo het geweet hoe dit voel wanneer God se vriendskap jou lewe heeltemal omkeer. Vir jare het hy plesier, ambisie en slim planne nagejaag, maar niks kon hom regtig gelukkig maak nie. Sy lewe was vol vrees en moedeloosheid. Maar toe hy Christus ontmoet, het sy oë oopgegaan vir die grootheid van God se waarheid. Hy het verander van ’n slaaf van die sonde tot een van die grootste denkers in die kerkgeskiedenis. Sy bekende boek, Confessions, is die eerlike storie van ’n man wat totaal nuut gemaak is deur sy vriendskap met God.Psalm 25:14-15 sê: Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou.Gister het ons gesien hoe vers 14 vertel dat God die mense wat Hom eer, in sy binnekring intrek. Hy deel die geheime van sy onbreekbare beloftes met hulle. Dis hoekom die skrywer so vol vertroue na die Here kyk; hy weet dat God Self vir hom veilig uit elke strik en deur sy moeilikhede sal help.Omdat God sy hart en sy beloftes aan ons bekendmaak, kan ons seker wees daarvan dat wanneer die nette van die lewe styftrek, God Self sal ingryp en ons vrymaak. Wat ’n belofte is dit nie! My vriend, deur Jesus is dit óns werklikheid. Hy het ons verwelkom as God se vriende en by die kruis vir ons gewys hoe groot sy genade is. Wanneer ons met ontsag vir Hom lewe en ons oë op Hom hou, sien ons eerstehands hoe Hy ons beskerm en bevry - ’n vryheid wat net Hy kan gee.Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 14, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 25:14-15 Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou. Het jy al ooit vasgekeer gevoel? Asof daar onsigbare nette om jou styftrek, ongeag wat jy doen? Vrees, versoeking, spyt... dit voel soms net onmoontlik om los te breek. Augustinus van Hippo het geweet hoe dit voel wanneer God se vriendskap jou lewe heeltemal omkeer. Vir jare het hy...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

God se Voorkomende Beskerming

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 14, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!