EPISODE · Jul 7, 2026 · 28 MIN
God verwelkom jou!
from Hoop Nogtans
In 1973 word die liedjie “Tie a yellow ribbon round the ole oak tree” vrygestel. Die liedjieskrywers vertel van ‘n man wat na drie jaar in die tronk vrygelaat word. Hy skryf ‘n brief aan sy beminde. Hy is nie seker of sy hom terug gaan verwelkom nie. Hy skryf hy gaan die bus neem en by haar huis verby ry. As sy hom nog wil hê, moet sy ‘n geel strik om die ou akkerboom bind. Dit sal vir hom die teken wees dat hy welkom is. Maar as sy intussen vir iemand anders lief geraak het, sal hy verstaan en net verby ry. If I don’t see a ribbon round the ole oak tree I’ll stay on the bus, forget about us, put the blame on me Wat hy sien, oortref sy verwagting. Daar is 100 geel strikke om die ou akkerboom. Hy kan die boodskap nie mis nie. Hy is so welkom terug! Die evangelie van God se genade sê vir jou: Jy is welkom! God verwelkom jou! Ongeag wat gebeur het. Wat die evangelie van God se genade nie vir jou sê nie, is die volgende: Jy is welkom, maar oppas! Ek hou jou dop! Jy is op dun ys. Dink jy die man in die liedjie het elke oggend gaan kyk of daar ‘n geel strik is om te sê hy is welkom? Net om seker te maak hy is goed genoeg? Nou hoekom dink ons ons moet God se genade bly verdien, nadat Hy dit reeds aan ons geskenk het omdat ons dit nooit kon verdien het nie? Ons redding is 100 persent gebaseer op die genade van God. Daar is nie ruimte vir ‘n fraksie van selfs een persent van ‘ek moet dit verdien’ nie. Enigiets wat klink na “Christus Plus Nog Iets” is ‘n verdraaide evangelie. Dis ‘n vervalsing van die ware evangelie, ‘n bedreiging vir ons geloofsekerheid, en ‘n belemmering vir hulle geestelike groei. Die apostel Paulus skryf aan die Galasiërs en wat hy sê, wys duidelik hoe ernstig hierdie Christus Plus Nog Iets is. Hierdie verdraaide evangelie is net so tuis in die kerk vandag as wat dit vir die Galasiërs. En baie mense besef nie hulle is vasgevang in ‘n valse leer nie.
Embed this episode
Ready to play
God verwelkom jou!
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.