Goedheid en Vriendelikheid episode artwork

EPISODE · Jan 19, 2025 · 3 MIN

Goedheid en Vriendelikheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Petrus1:3,5 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, Die meeste van ons wil graag goed doen. Ons wil ordentlik en vriendelik wees. Ons wil goeie keuses maak. Maar dan staan jy uit die bed uit op, en wel, dinge werk nie altyd so uit nie... Hoekom is dit?Dit is een ding om goed te wil wees, om goed te doen, om 'n goeie lewe te lei … dit is heeltemal 'n ander ding om te weet hoe om daardie doelwitte te bereik. Jy sal tog saamstem dat as jy 'n vliegtuig wil vlieg, jy beslis 'n hele paar vlieglesse moet neem, nè? En om ‘n lewe te leef wat saakmaak, is baie meer ingewikkeld as om 'n vliegtuig te vlieg, dit kan ek jou verseker.So, wanneer dit kom by die verandering van daardie gedragspatrone wat ons beroof van die goeie lewe wat ons begeer – ons slegte gewoontes: om mense af te jak, of om hulle te ignoreer, of wat ook al – moet ons weet hoe om te verander.Maar onthou, God het ons reeds geseën met die krag, die vermoë en die gawes wat ons nodig het om dié soort lewe te lei wat ons begeer om te leef. So, nou is dit tyd om met Hom saam te werk om dit te bereik:2 Petrus 1:3,5 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis,Vandag fokus ons op daardie laaste gedeelte - goedheid en kennis. En my vriend, die Bybel is propvol van God se wysheid. Die Heilige Gees maak dit vir ons moontlik om dít wat ons lees, te verstaan en Hy gee ons sy krag – om te verander. Voeg dus goedheid by jou geloof en voeg kennis by jou goedheid.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 19, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Petrus1:3,5 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, Die meeste van ons wil graag goed doen. Ons wil ordentlik en vriendelik wees. Ons wil goeie keuses maak. Maar dan staan jy uit die bed uit op, en wel, dinge werk nie a...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Goedheid en Vriendelikheid

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 19, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!