Goedkoop Geluk Teenoor Heiligheid episode artwork

EPISODE · Apr 1, 2025 · 2 MIN

Goedkoop Geluk Teenoor Heiligheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailTitus 2:11-12 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. (NLV) Ek haat dit as iemand vir my iets oor my houding of gesindheid wil vertel wat ek nie wil hoor nie … en tog, diep binne-in, weet ek dat ek dit moet hoor. Ek weet ook dat ek moet gehoorsaam. Ek weet ek moet my ingesteldheid verander, maar ek wil nie. Hoe reageer jy as iemand jou reghelp?En een van die dinge wat ék dink ons almal moet hoor, is dat ons soms dinge sê en doen, wat regtig nie baie mooi is nie.Nouja, ek kan hier sit en jou slegsê en jou die leviete voorlees oor hoe om op te tree, hoe om beter te doen … totdat ek blou in die gesig is. Maar gaan dit regtig oor 'n week, oor 'n maand of oor 'n jaar van nou af, enige verskil aan jou lewe maak? Nee, my vriend, ons weet albei dis hoogs onwaarskynlik!Maar ek weet dat dit 'n kragtige verskil in jou lewe gaan maak as God dit uit sy liefde vir jou sê; uit sy genade teenoor jou; met die krag wat net Hy het om 'n hart, wat verhard het, te versag … wel …Titus 2:11-12 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. (NLV)Miskien is dit nou nie heeltemal wat jy vandag wou hoor nie. Maar, soos Leonard Ravenhill, ‘n 20ste eeuse Britse skrywer en evangelis, eenkeer gesê het: “As jy gewild wil wees, verkondig geluk. As jy ongewild wil wees, verkondig heiligheid.” Moet dus asseblief nie vandag die boodskapper skiet nie!Maar deur God se genade, in die krag van die Heilige Gees, sê ek vir julle, gee goddeloosheid en wêreldse begeertes prys, en leef 'n lewe wat selfbeheersd, opreg en godvrugtig is.Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 1, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Titus 2:11-12 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. (NLV) Ek haat dit as iemand vir my iets oor my houding of gesindheid wil vertel wat ek nie wil hoor nie … en tog, diep binne-in, weet ek dat ek dit moet hoor. Ek weet ook dat ek moet gehoorsaam. E...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Goedkoop Geluk Teenoor Heiligheid

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 1, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!