Groete van Sostenes episode artwork

EPISODE · Jul 22, 2024 · 2 MIN

Groete van Sostenes

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Korintiërs 1:1 Hierdie brief kom van Paulus. Deur die wil van God is ek geroep om ’n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Sostenes skryf hierdie brief saam met my. (NLV) Ons leef in 'n wêreld wat behep is met supersterre … met die aantreklike mense, met die suksesvolle mense, met diegene wat toevallig die meeste aandag in die media trek … terwyl die res van ons geïgnoreer word.Hopelik smag jy nie na erkenning nie en hoef jy nie na ander mense se pype te dans nie. Maar aan die anderkant is dit ook nie lekker om geïgnoreer te word nie. Ander mense is in die kollig, maar dit lyk asof niemand jou raaksien nie - jou vermoëns, jou opofferings, jou bydraes is nie vir ander mense belangrik nie.Daar is 'n interessante karakter in die Nuwe Testament van wie die meeste van ons nog nooit gehoor het nie...1 Korintiërs 1:1 Hierdie brief kom van Paulus. Deur die wil van God is ek geroep om ’n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Sostenes skryf hierdie brief saam met my. (NLV)Wie de drommel is Sostenes? Wel, volgens Handelinge 18:17 was hy die hoof van die sinagoge in Korinte. 'n Woedende skare het tydens Paulus se verhoor voor Gallio, vir Sostenes voor die Romeinse regbank gegryp en aangerand. Dit is al wat ons van hom weet. En hier sien ons dat hy (ten spyte van daardie verskriklike ervaring) saam met die apostel Paulus, een van die Bybel se belangrike manne, reis.Dink jy dat God hom ook nie geken het nie, net omdat ons nie veel van hom weet nie? 'Sostenes' is nie juis 'n algemene naam nie, is dit? Dink jy dat God nie gesien het hoe hy gely het en wat sy bydrae was nie? Dink jy dat hy nie op hierdie oomblik in die Here se Teenwoordigheid is en sy beloning ontvang nie?Nee, ons is nie almal supersterre in die wêreld se oë nie. Ons was nooit veronderstel om te wees nie. Maar ons sterstatus is nie vir Jesus belangrik nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 22, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:1 Hierdie brief kom van Paulus. Deur die wil van God is ek geroep om ’n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Sostenes skryf hierdie brief saam met my. (NLV) Ons leef in 'n wêreld wat behep is met supersterre … met die aantreklike mense, met die suksesvolle mense, met diegene wat toevallig die meeste aandag in die media trek … terwyl die res van ons geïgnoreer word. Hopelik smag jy nie na erkenning nie en hoef jy nie na ander mense se pype te d...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Groete van Sostenes

0:00 2:50

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 22, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!