Groot is sy Getrouheid episode artwork

EPISODE · Jun 7, 2025 · 3 MIN

Groot is sy Getrouheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailKlaagliedere 3:22-24 deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Soms ervaar ons tye in die lewe waar ons absoluut magteloos en heeltemal verlate voel. Ander kere pas ons omstandighede ons soos ‘n handskoen; ons voel dat ons presies op die regte plek is; die plek waartoe ons geroepe voel. Maar net wanneer ons ons plek van gemak en veiligheid verlaat, begin die donker stormwolke inrol. Dit beskryf die lewe en bediening van Jackie Pullinger.Nadat sy aan die Royal College of Music in Londen gegradueer het, het sy geroepe gevoel om na Hong Kong te gaan. So het sy as jong, onervare, naïewe vrou, in 1966, op die ouderdom van 22 sonder enige kontakpersoon of plan daar aangekom. Asof dit nie vreesaanjaend genoeg was nie, het sy geroepe gevoel om in die Kowloon-ommuurde stad die Evangelie te bring. Dit was ’n digbevolkte en wettelose gebied van Hongkong onder beheer van bendes; berug vir misdaad, dwelmverslawing en armoede.Dit was bitter onveilig en onder baie moeilike omstandighede het Jackie volgehou en geglo dat God haar geroep het om hierdie mense lief te hê en die hoop van Christus met hulle te deel. God het déúr haar baie kragtige wonderwerke gedoen. Ontelbare lewens is deur haar bediening verander.Geharde bendelede, gewelddadige misdadigers en hopelose verslaafdes het die liefde van Christus ontdek en radikale veranderings in hul lewens aangebring. Baie van hulle het kerkleiers geword. Jackie het rehabilitasie sentrums gestig en die impak van haar werk duur tot vandag toe voort.Daar was sonder twyfel baie donker en angswekkende tye, maar hierdie waarheid het haar lewe gekenmerk:Klaagliedere 3:22-24 deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 7, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Klaagliedere 3:22-24 deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Soms ervaar ons tye in die lewe waar ons absoluut magteloos en heeltemal verlate voel. Ander kere pas ons omstandighede ons soos ‘n handskoen; ons voel dat ons presies op die regte plek is; die plek waartoe ons geroepe voel. Maar net wanneer ons ons plek ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Groot is sy Getrouheid

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 7, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!