Guns en Vrede Vir Jou episode artwork

EPISODE · Jul 24, 2024 · 2 MIN

Guns en Vrede Vir Jou

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Korintiërs 1:3 Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees. (NLV) Wanneer jy iemand raakloop wat jy lanklaas gesien het, hoe groet jy hulle? Of wanneer jy vir iemand 'n brief stuur (deesdae, waarskynlik 'n e-pos of ‘n teksboodskap), hoe sal jy dit afskop?Die Nuwe Testament bestaan hoofsaaklik uit 'n versameling briewe wat deur mense soos Paulus en Petrus aan Christene geskryf is. Party van hulle het swaargekry, ander was besig om die spoor byster te raak. Almal van hulle het verskillende uitdagings in die gesig gestaar.Verseker ja... hulle het hierdie een ding in gemeen gehad – die uitdagings. Die antieke wêreld waarin hulle geleef het, was 'n wrede plek. Hulle was beset deur die Romeine onder die oorheersing van 'n despotiese en verwaande Caesar, wat homself as goddelik beskou het. Hulle het geen van die moderne geriewe gehad wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar nie. Daar was geen mediese en tandheelkundige sorg, narkose, sagte beddens, elektrisiteit, yskaste, warm storte, of lugversorging nie. Wat hulle gehad het was ... die verskriklike vervolging van Christene.Ja, dit was 'n wrede plek in 'n gevaarlike tyd. En in daardie onmenslike tyd het Paulus en Petrus se briewe dikwels met hierdie seënbede begin:1 Korintiërs 1:3 Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees. (NLV)Maar onder die omstandighede waarin hierdie mense geleef het, was hierdie woorde nie net die een of ander geykte aanhef tot ‘n brief nie, dit was 'n hartlike en baie gepaste seën. En waar kom daardie genade en daardie vrede vir hulle (en vir ons!) vandaan? Van God ons Vader en die Here Jesus Christus.Dit is die seën wat God vir jou het. Dit is wat Hy vir jou, te midde van jou omstandighede en jou beproewings, wil hê.Genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 24, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:3 Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees. (NLV) Wanneer jy iemand raakloop wat jy lanklaas gesien het, hoe groet jy hulle? Of wanneer jy vir iemand 'n brief stuur (deesdae, waarskynlik 'n e-pos of ‘n teksboodskap), hoe sal jy dit afskop? Die Nuwe Testament bestaan hoofsaaklik uit 'n versameling briewe wat deur mense soos Paulus en Petrus aan Christene geskryf is. Party van hulle het swaargekry, ander was besig...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Guns en Vrede Vir Jou

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 24, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!