Hanteer Gebrokenheid episode artwork

EPISODE · Mar 11, 2026 · 3 MIN

Hanteer Gebrokenheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 14:10 Net ’n mens self verstaan die bitterheid in sy hart. Niemand anders kan sy vreugde voluit deel nie. (NLV) Baie mense dra seer, verlies, onvergewensgesindheid en spyt in hul harte rond. Voor mense lyk hulle baie respektabel, maar hulle innerlike emosies beïnvloed uiteindelik hulle gedrag. Dit verklaar waarom mense so onvoorspelbaar optree; waarom hulle selfs oor die eenvoudigste dingetjies vreemd reageer.Jy dink jy ken iemand. Ek bedoel, jy het al jare lank met hulle te doen, by die werk, in 'n sosiale omgewing, of selfs in jou eie familie. Dan sê jy eendag iets wat sommer heeltemal onskuldig is – en hulle vat vlam; of hulle kry stilstuipe. Wat op aarde het nou gebeur? Wat het ek verkeerd gedoen? Ek sou daardie reaksie nooit as te nimmer voorspel het nie. Jy het dit ook al gesien, nè? Jy het nie bedoel om hulle seer te maak of te beledig nie, maar hulle het sommer uit die bloute aanstoot geneem. So, wat gaan aan? Waarom het dit gebeur? Weet jy, dit lyk asof sulke mense nie met hul ore luister nie; nee, hulle luister met daardie stukkie ongeneesde seer want: Spreuke 14:10 Net ’n mens self verstaan die bitterheid in sy hart. Niemand anders kan sy vreugde voluit deel nie. (NLV)Wanneer iemand steeds emosionele pyn ervaar omdat hy nie heeltemal genees is van sy seer, of verlies, of spyt, of mislukking nie, voel hy dikwels asof niemand hom verstaan nie. En dan, as hy 'n effense genesing van sy negatiewe emosie ervaar, is daar niemand wat hom aanmoedig nie, want niemand verstaan sy stryd nie. Dis 'n eensame plek om te wees... Geen wonder hy oorreageer nie. Wie is daar in jou lewe wat onvoorspelbaar optree? Wat kan jy doen om hulle pyn te voel; om te verstaan waarom hulle so optree? Want onthou, ongeneesde mense luister nie met hul ore nie; hulle luister met hul snellers - die dinge wat hulle dring om verkeerd op te tree. Net ’n mens self verstaan die bitterheid in sy hart. Niemand anders kan sy vreugde voluit deel nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 11, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 14:10 Net ’n mens self verstaan die bitterheid in sy hart. Niemand anders kan sy vreugde voluit deel nie. (NLV) Baie mense dra seer, verlies, onvergewensgesindheid en spyt in hul harte rond. Voor mense lyk hulle baie respektabel, maar hulle innerlike emosies beïnvloed uiteindelik hulle gedrag. Dit verklaar waarom mense so onvoorspelbaar optree; waarom hulle selfs oor die eenvoudigste dingetjies vreemd reageer. Jy dink jy ken iemand. Ek bedoel, jy het al jare lan...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hanteer Gebrokenheid

0:00 3:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 11, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!