Hanteer jou Emosies Versigtig episode artwork

EPISODE · Jul 22, 2025 · 2 MIN

Hanteer jou Emosies Versigtig

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 25:28 'n Stad sonder 'n muur om hom te beskerm, so weerloos is 'n mens as hy nie selfbeheersing het nie. Het jou emosies al ooit handuit geruk? Jou antwoord is waarskynlik: Maar alte seker! Jy weet hoe dit werk – iets wat jy voel, hetsy goed of sleg, gelukkig of ongelukkig, oorheers jou gesonde verstand … en net daar neem jy ‘n verkeerde besluit; jy sê, of doen iets, waaroor jy later baie spyt is!Ons kan nooit ons emosies ignoreer nie. Hulle is 'n groot deel van wie ons as mense is. Stel jou voor wat 'n onvervulde lewe sou dit gewees het...as jy geen emosie gehad het nie en net op logika en rede moes staatmaak om jou deur die lewe te kry …  Ja, ons emosies is 'n goeie ding, so laat ons dit nooit ontken nie ... maar my vriend, hulle kan ons in groot tameletjies laat beland, nie waar nie? En dit is waar selfbeheersing inkom. Dit is waarom ons in die grootword proses, moet leer om ons emosies en instinktiewe reaksies, met redelikheid, vriendelikheid, en met inagneming van ander, te beheer.Sommige mense leer daardie les goed. Dit lyk selfs of dit vir hulle redelik maklik is. Vir ander, soos ek byvoorbeeld, is dit 'n lewenslange proses. Waar jy ook al op die spektrum van emosionele intelligensie is, luister na:Spreuke 25:28 'n Stad sonder 'n muur om hom te beskerm, so weerloos is 'n mens as hy nie selfbeheersing het nie.Met ander woorde, in die afwesigheid van selfbeheersing, sal jou lewe voortdurend gepootjie word deur die gevolge van jou foute. Iemand het eenkeer hierdie wyse woorde gesê: moet nooit antwoord wanneer jy kwaad is nie, moet nooit 'n belofte maak wanneer jy uitbundig gelukkig is nie en moet nooit 'n belangrike besluit neem wanneer jy hartseer is nie.Want … mense wat hulself nie kan beheer nie, is soos stede sonder mure om hulle te beskerm.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 22, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 25:28 'n Stad sonder 'n muur om hom te beskerm, so weerloos is 'n mens as hy nie selfbeheersing het nie. Het jou emosies al ooit handuit geruk? Jou antwoord is waarskynlik: Maar alte seker! Jy weet hoe dit werk – iets wat jy voel, hetsy goed of sleg, gelukkig of ongelukkig, oorheers jou gesonde verstand … en net daar neem jy ‘n verkeerde besluit; jy sê, of doen iets, waaroor jy later baie spyt is! Ons kan nooit ons emosies ignoreer nie. Hulle is 'n groot deel va...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hanteer jou Emosies Versigtig

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 22, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!