Hartseer wat tot Verlossing Lei episode artwork

EPISODE · May 12, 2024 · 2 MIN

Hartseer wat tot Verlossing Lei

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV) Hartseer is nie iets wat ons onsself ooit sal toewens nie. Hoekom sou ons? Maar wag ‘n bietjie, kan ek vir jou sê dat daar een soort hartseer is wat God wil hê ons moet ervaar; omdat dit eintlik … goed vir ons is?Die lewe het sy hoogtepunte en laagtepunte. Een van hulle wat ons diep in ‘n put laat gaan sit, is wanneer iemand ons skerp kritiseer; wanneer hulle iets uitwys wat ons liewer nie wou hê hulle moet nie; en erger nog, wanneer ons besef dat hulle honderd persent korrek is. Ewe skielik sien ons hoe dom ons was, hoeveel skade ons aangerig het … Ons sien die gevolge van ons houdings en optrede. Dis 'n verskriklike gevoel.Dit is juis daardie gevoel wat die apostel Paulus in sy briewe aan sy vriende in Korinte aanspreek. Ja, kyk maar na die eerste brief aan die Korintiërs wat ons op rekord het … dis voorwaar ‘n skerp vermaning. Die mense in daardie kerk het werklik hartseer en berou ervaar. Maar in sy tweede brief skryf hy in…2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV)Dié soort hartseer wat God vir ons wil hê, is die soort wat ongelooflik goed vir ons is; dit is die soort wat ons lei tot die besluit om te verander; die soort wat ons op die pad na die ewige lewe lei. Dis wat God wil hê.En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 12, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV) Hartseer is nie iets wat ons onsself ooit sal toewens nie. Ho...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hartseer wat tot Verlossing Lei

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 12, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!