Heilige Gees Krag episode artwork

EPISODE · Jul 4, 2025 · 2 MIN

Heilige Gees Krag

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Tessalonisense 2:13 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo. Soos ons lewens al hoe meer gekompliseerd en besig raak, is dit nogal maklik om perspektief te verloor op dít wat ons geglo het; dít wat ons altyd as onwrikbaar waar beskou het. Ja, die dinge wat in die verlede regtig vir ons saak gemaak het, word verdring deur die dinge wat vandag soveel druk op ons plaas.In die vroeë 17de eeu was die Nederlandse matroos Pieter van der Linde en 'n paar van sy bemanningslede tydens 'n storm van die vloot geskei. Omdat hulle gedink het dat hulle naby die kus was, het hulle voortgeseil en nie besef dat hulle verder van die land af beweeg het nie. Hulle het dae lank op beperkte voorraad oorleef en gedink dat iemand hulle sal red, of dat hulle by die land sal uitkom. Hulle het eers, toe 'n Portugese vaartuig hulle opgemerk en gered het, besef in watter gevaarlike situasie hulle was.Dit was nie so ongewoon om tydens die sogenaamde 'Eeu van Ontdekkingsreise' te verdwaal nie. Die probleem was dat die matrose dikwels nie besef het hoe verlore hulle was, totdat hulle gered is nie. En dieselfde ding kan met ons gebeur. 2 Tessalonisense 2:13 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.Dit is ongelooflik dat wanneer ons onbewustelik ver weggedryf het, dat ons eers dán besef dat ons besig is om op karige rantsoene te oorleef. Eers dan weet ons dat ons dors na … Jesus, om ons deur die Heilige Gees te red. Miskien is dit selfs wat tans besig is om met jou te gebeur?Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 4, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Tessalonisense 2:13 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo. Soos ons lewens al hoe meer gekompliseerd en besig raak, is dit nogal maklik om perspektief te verloor op dít wat ons geglo het; dít wat ons altyd as onwrikbaar waar beskou het. Ja, die dinge wat in die verlede regtig...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Heilige Gees Krag

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 4, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!