Hemelse Genot episode artwork

EPISODE · Jun 20, 2026 · 2 MIN

Hemelse Genot

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help.(DB) Die woord "plesier" kan positief of negatief klink; afhangend van die soort plesier waarvan ons praat. Maar het jy al ooit gewonder of God ook plesier ervaar, en indien wel, wat sou Hom plesier gee?Elke keer wanneer ek hierdie Psalm lees, vul dit my met soveel opwinding en verwondering:Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help.(DB)Hoe verstaan jy dit? Hoe maak jy sin uit die feit dat dié God, wat die ganse heelal geskep het, plesier vind in sy kinders? Ons is tog feilbare mense wat soveel foute in ons lewens gemaak het; mense wat Hom oneer aangedoen het, mense wat soveel keer in ons lewens ons rug op Hom gedraai het … Stel jou voor 'n ou word afgedank – dis sy eie skuld, want hy het dikwels sonder verskoning, van die werk weggebly en lyf weggesteek. Weke later bel sy ou baas. "Ons het 'n tekort aan personeel. Wil jy jou werk terug hê?" Geen teregwysing en verwyt nie, geen proeftydperk nie - net 'n nuwe begin. Hy sit die foon neer, hy is verstom en hy glimlag soos 'n kind. Hierdie storie is vir my presies wat hierdie versie sê: Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help. Hierdie woorde in die oorspronklike Hebreeus praat van God se diep plesier, aanvaarding en guns, nie teësinnige verdraagsaamheid nie.God se liefde vir jou en my is tasbaar en vol vreugde. En ons ontvang nie sy liefde deur dít wat ons doen in ons menslike krag, óf ons status, óf ons selfstandigheid nie; maar in ons nederige gehoorsaamheid om saam met Hom te wandel. So, wanneer jy dalk jouself wil veroordeel en skuldig wil voel, onthou: dat die hemelse applous reeds joune is, en dat die Here jou in liefde vrygespreek het deur die Bloed van Jesus Christus. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 20, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help.(DB) Die woord "plesier" kan positief of negatief klink; afhangend van die soort plesier waarvan ons praat. Maar het jy al ooit gewonder of God ook plesier ervaar, en indien wel, wat sou Hom plesier gee? Elke keer wanneer ek hierdie Psalm lees, vul dit my met soveel opwinding en verwondering: Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom g...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hemelse Genot

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 20, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!