Herskryf jou Draaiboek episode artwork

EPISODE · Jun 23, 2025 · 2 MIN

Herskryf jou Draaiboek

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 8:1-2 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. As jy byvoorbeeld op tienjarige ouderdom ‘n draaiboek vir jou lewe geskryf het, wat sou daarin gestaan het? Wat sou jou ideale gewees het? Maar wag, die belangrikste vraag is sekerlik: is daardie drome verwesenlik?Ek dink dis redelik veilig om te sê dat dinge vir die meeste van ons nie heeltemal verloop het soos wat ons gehoop het nie. Want as enige een van ons op daardie ouderdom so ‘n draaiboek geskryf het, sou ons nooit die struikelblokke, die seerkry, die beproewings en die versoekings waardeur ons elkeen was, ingesluit het nie.Ons sou ook nie oor die berou wat ons oor ons vorige foute en die impak daarvan op ons lewens en die lewens van diegene vir wie ons lief is, kon geskryf het nie.Ongelukkig is die draaiboek wat baie mense vandag uitleef, op voortdurende selfveroordelende leuens gebaseer. En moenie dink dit gaan net oor sekere mense wat daarmee worstel nie. Ek ken 'n paar prominente, openbare figure, selfs ‘n paar Christene, wat hulself vandag nog verwyt en veroordeel oor dinge uit hul verlede wat hulle oor en oor beleef.Miskien het jou draaiboek steeds ook so 'n bietjie van daardie negatiewe verwyte uit die verlede wat by jou spook. Wel, ek het goeie nuus vir jou, baie goeie nuus. Jesus het gekom om jou vry te maak – heeltemal vry – van daardie veroordeling.Romeine 8:1-2 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.Ja, my vriend, Jesus het gekom om die draaiboek, van die ewige selfveroordelende leuens uit die put van die hel, wat ons lewens verwoes, heeltemal te herskryf. Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Geen!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 23, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 8:1-2 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. As jy byvoorbeeld op tienjarige ouderdom ‘n draaiboek vir jou lewe geskryf het, wat sou daarin gestaan het? Wat sou jou ideale gewees het? Maar wag, die belangrikste vraag is sekerlik: is daardie drome verwesenlik? Ek dink dis redelik veilig om te sê dat dinge vir die mee...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Herskryf jou Draaiboek

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 23, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!