Herstel en Herfokus episode artwork

EPISODE · Apr 8, 2026 · 2 MIN

Herstel en Herfokus

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailKolossense 3:1-2 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie. Het die Here hierdie afgelope Paasfees met jou gepraat? Het die verhaal van Christus se dood en opstanding jou hart aangeraak? Dis so belangrik, want Jesus is nie net die Een wat ons sonde deur sy kruisdood vergewe nie, Hy gee ons, in Christus, hoop op 'n nuwe lewe op aarde en ‘n ewige lewe in die hiernamaals. Die Amerikaner Lew Wallace was 'n prokureur, ‘n generaal en die goewerneur van Nieu-Mexiko. Hy was baie skepties oor Christelike godsdiens en het 'n boek geskryf om die goddelikheid van Jesus te weerlê.Maar tydens sy intensiewe navorsing het Wallace vir die eerste keer die waarheid oor Christus geleer. Die bewyse het hom so oorweldig dat hy, in plaas daarvan om 'n aanval op die Christendom te skryf, ‘n roman Ben-Hur: A Tale of the Christ geskryf het. Dit het een van die invloedrykste Christelike boeke in die geskiedenis geword. Hy het later hierdie stelling gemaak: "Dit is nie vir enigiemand moontlik om die lewe van Jesus van Nasaret met erns te bestudeer sonder om sy invloed te beleef nie." Wallace het nie net feite ontdek nie - hy het vir Christus ontmoet, en dit het alles verander.Kolossense 3:1-2 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie.My vriend, die besef dat Jesus jou verander, is 'n herstel- en 'n herfokusproses.  Ja, ek weet, ons het al ons daaglikse verantwoordelikhede om na te kom, maar wanneer ons Jesus as ons Koning aanvaar; wanneer ons ons gedagtes op die dinge daarbo fokus; wanneer ons verlang om by Hom te wees, om te sien hoe sy wil, eerder as ons eie, op hierdie aarde geskied... dan... verander dit ons. Dit verander alles!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 8, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Kolossense 3:1-2 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie. Het die Here hierdie afgelope Paasfees met jou gepraat? Het die verhaal van Christus se dood en opstanding jou hart aangeraak? Dis so belangrik, want Jesus is nie net die Een wat ons sonde deur sy kruisdood vergew...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Herstel en Herfokus

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 8, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!