Hier is ek Here episode artwork

EPISODE · Aug 31, 2026 · 2 MIN

Hier is ek Here

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 5:10-11 Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” Nadat hulle die bote op die strand getrek het, het hulle alles gelos en Hom gevolg. (AFR20) Het jy al agtergekom hoe ander mense se opinies geneig is om jou terug te hou? Wanneer hulle jou ignoreer, jou talente minderwaardig laat klink, of glad nie raaksien wat jou bydrae is nie… is dit so maklik om in jou dop te kruip. Om te wag. Om vir jouself te sê: Wel, ek sal my deel doen wanneer iemand my uiteindelik raaksien.Scott Clary, wat talle wêreldberoemde boeke oor besigheid geskryf het, het nou die dag gesê... Wees jy die een wat uitreik. Stuur eerste daardie WhatsApp. Bel eerste. Beplan eerste. Neem die inisiatief. Vriendskap kos moeite. Liefde vra aksie… Inisiatief is aantreklik.Goed, ek besef hy praat van hoe jou houding in die sake-wêreld moet wees. Maar laat ek jou vertel, Jesus het presies dieselfde van sy dissipels verwag.Lukas 5:10-11: Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” Nadat hulle die bote op die strand getrek het, het hulle alles gelos en Hom gevolg. (AFR20)In die Koninkryk van God is dit natuurlik Jesus wat ons roep. Maar dis steeds so maklik om terug te deins, om heeltemal deur die wêreld se kritiek verlam te word. Jesus het daardie vissermanne geroep om uit hulle gemaksone te klim, hulle nette agter te laat en Hom te volg. Hulle kon met allerhande verskonings vorendag gekom het oor hoekom hulle eerder moes bly waar hulle is. Maar hulle het die inisiatief geneem en Hom gevolg. En dit is vandag ook die roeping vir ons. Nie om sy gesag oor te neem nie, maar om een van die eerstes te wees om sy leiding te volg. Eerste om op te tree. Eerste om lief te hê. Eerste om te lei. Want om ander te lei terwyl jy Jesus volg, is nie hoogmoed nie. Dis gehoorsaamheid.  Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 31, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 5:10-11 Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” Nadat hulle die bote op die strand getrek het, het hulle alles gelos en Hom gevolg. (AFR20) Het jy al agtergekom hoe ander mense se opinies geneig is om jou terug te hou? Wanneer hulle jou ignoreer, jou talente minderwaardig laat klink, of glad nie raaksien wat jou bydrae is nie… is ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Hier is ek Here

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 31, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!