Hoe Jy Aanlyn Kommunikeer episode artwork

EPISODE · Jul 18, 2025 · 3 MIN

Hoe Jy Aanlyn Kommunikeer

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV) Die ontwikkeling van kommunikasietegnologie oor die afgelope eeu, elke nuwe uitvindsel, het ons in staat gestel om nog vinniger te kommunikeer, terwyl ons al verder van mekaar is; en deesdae is daar amper nêrens op aarde waar jy nie deur middel van tegnologie kan kommunikeer  nie.In die 1950's, toe my pa, wat ná die oorlog uit Europa na Australië geëmigreer het, vir my ma, wat nog in Oostenryk was, wou vra om te trou, het dit byna drie maande geneem vir sy brief om haar te bereik en vir haar antwoord om by hom uit te kom.Kom ons vergelyk dit met die blits-kommunikasie van vandag: Ek was onlangs in 'n raadsvergadering in Sydney, toe ek per foon van ons Afrika-direkteur, wat 'n radiostasie in Zanzibar besoek het, ’n boodskap ontvang het. Dit is maklik om dit deesdae as vanselfsprekend te aanvaar, maar dink daaraan - dit is eintlik ongelooflik!Maar hoe vinniger en geriefliker ons kommunikasie raak, hoe meer geïsoleerd raak ons. Hoe gerieflik is dit nie vandag om ‘n onpersoonlike boodskap, sommer uit te stuur, sonder om eers aan die persoon te dink?Sommige van die e-posse wat ek ontvang; die teksboodskappe; die kommentaar op sosiale media, is nie slegs kortaf nie, maar sommer onbeskof. Dit is regtig ‘n kwessie. Dink ‘n bietjie aan die manier waarop jy jou digitale kommunikasie gebruik en vergelyk dit met hierdie raad in:Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)Of, soos een van my Facebook-vriende onlangs gesê het: trap suutjies en verstandig oor die klippertjies. Lewer ‘n positiewe bydrae, moenie verdeeldheid saai nie. Gaan jou feite na. Weerstaan dit om die spot te dryf of iemand te verneder. Skep pragtige inhoud. Moenie deel wees van die bitterheid van hierdie wêreld nie; wees positief, selfs wanneer jy nie saamstem nie.Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 18, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV) Die ontwikkeling van kommunikasietegnologie oor die afgelope eeu, elke nuwe uitvindsel, het ons in staat gestel om nog vinniger te kommunikeer, terwyl ons al verder van mekaar is; en deesdae is daar amper nêrens op aarde waar jy nie deur middel van tegnologie kan kommunikeer nie. In die 1950's, toe my pa, wat ná die o...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hoe Jy Aanlyn Kommunikeer

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 18, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!