Hoe Jy Deur Die Lewe Reis episode artwork

EPISODE · Jun 29, 2024 · 2 MIN

Hoe Jy Deur Die Lewe Reis

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Timoteus 1:7 Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. (NLV) Hoe ver beweeg jy elke dag? Miskien pendel jy werk toe en terug. Miskien gaan jy ook uit om te draf of te stap. Elke nou en dan gaan jy dalk op 'n langer reis. Dink ‘n bietjie: hoe ver beweeg jy gemiddeld elke dag?Volgens 'n onlangse artikel in die BBC se ‘Science Focus Magazine’ beweeg die aarde daagliks sowat 2,5 miljoen kilometer op sy wentelbaan om die son, en19 miljoen kilometer in verhouding tot die middel van die Melkweg, ons sterrestelsel.Afhangend van jou perspektief, beteken dit dat jy, sonder dat jy dit ooit besef, ook elke dag tussen twee en 'n half en negentien miljoen kilometer deur die ruimte beweeg. Dit is die werklikheid van hoe jy deur die lewe reis. Slaan dit nie jou asem weg nie? Dit laat my spraakloos!Hier is nog 'n ewe verstommende waarheid oor hoe enigiemand wat in Jesus glo, deur die lewe reis:2 Timoteus 1:7 Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. (NLV)God – die Skepper van die Heelal – het sy Heilige Gees gestuur om in elkeen wat deur geloof, hul lewens vir Jesus gegee het, te woon. Met al daardie krag, met al daardie liefde, met al daardie selfbeheersing – meer as wat ek en jy ooit nodig sal hê – het Hy genoeg krag in sy kragsentrale voorberei vir jou om die lewe, wat Hy vir jou beplan het, ten volle te kan leef.My vriend, wanneer jy jou vertroue in Jesus plaas, is jy nooit alleen nie. Jy het altyd al die krag, liefde en selfbeheersing wat jy ooit nodig sal hê om deur die versoekings en beproewings van hierdie wêreld te kom.Moet dus nie bang wees nie. Jy het dit alles.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 29, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:7 Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. (NLV) Hoe ver beweeg jy elke dag? Miskien pendel jy werk toe en terug. Miskien gaan jy ook uit om te draf of te stap. Elke nou en dan gaan jy dalk op 'n langer reis. Dink ‘n bietjie: hoe ver beweeg jy gemiddeld elke dag? Volgens 'n onlangse artikel in die BBC se ‘Science Focus Magazine’ beweeg die aarde daagliks sowat 2,5 miljoen kilometer op sy wentelbaa...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hoe Jy Deur Die Lewe Reis

0:00 2:48

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 29, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!