Hoe Om Mense te Behandel episode artwork

EPISODE · Mar 15, 2025 · 2 MIN

Hoe Om Mense te Behandel

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 15:12-13 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Die meeste van ons kom seker daagliks met 'n hele paar mense in aanraking. By die werk, by die huis, wanneer ons openbare vervoer gebruik, op die paaie, in die winkelsentrum... Selfs wanneer jy alleen is, dink jy beslis aan ander mense. So, wat dink jy oor hulle? Hoe behandel jy hulle? En hoe gereeld wonder jy oor hoe jy hulle beïnvloed het? Vir die meeste van ons sal die antwoord wees: Ag nou ja, ek dink nie so dikwels aan hulle nie, en my invloed is seker maar betekenisloos.Jy voel goed wanneer mense jou goed behandel. Maar, wanneer hulle jou sleg behandel, wek dit allerhande negatiewe emosies en reaksies. So, ons dink baie beslis oor hoe hulle óns behandel, maar nie so dikwels oor hoe ons húlle behandel nie. Dis maar hoe dit gaan...Laat ek jou vra, dink gou net aan die laaste drie mense met wie jy gister of vandag kontak mee gehad het; hoe het jy hulle behandel? Hoe dink jy het jy hulle laat voel? Hoe dink jy voel hulle oor jou as mens? Wat dink hulle as húlle aan jou dink?Ek weet, ek vra vandag baie vrae ... maar moenie verskonings maak nie! Want weet jy, dit is die tipe vrae wat ons onsself móét afvra, nie net ná die tyd nie, maar in die aanloop tot ons interaksie met ander persone. Hier is hoe Jesus oor hierdie verhouding met jou medemens voel:Johannes 15:12-13 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.Die kern van die saak? Behandel ander asof Jesus vir hulle gesterf het ... want Hy hét vir hulle gesterf.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 15, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 15:12-13 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Die meeste van ons kom seker daagliks met 'n hele paar mense in aanraking. By die werk, by die huis, wanneer ons openbare vervoer gebruik, op die paaie, in die winkelsentrum... Selfs wanneer jy alleen is, dink jy beslis aan ander mense. So, wat dink jy oor hulle? Hoe behandel jy hulle? En hoe gereeld wonder jy oor ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hoe Om Mense te Behandel

0:00 2:45

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 15, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!