Hoe Sal Jy Weet? episode artwork

EPISODE · Feb 21, 2024 · 3 MIN

Hoe Sal Jy Weet?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 14:22,23 Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: “Here, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wêreld nie?” Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. Jy moet altyd versigtig wees as iemand beweer dat hy die een of ander spesiale insig, wat niemand anders ontvang het nie, het. En tog, as Christene, is dít presies wat ons kry – dit is 'n besondere openbaring van God self.Op pad na die kruis, waar Hy gaan sterf om te betaal vir die sondes van die wêreld; vir jou sonde en myne, sodat ons vergewe kan word, sodat ons die ewigheid in sy Teenwoordigheid kan deurbring, het Jesus iets vreemd gesê; iets uitdagends; iets wat openbaring vereis. Hier is dit in:Johannes 14:18,19 “Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.Met ander woorde, Jesus sê vir die dissipels dat Hy ‘n spesiale openbaring vir hulle het, terwyl ander mense dit nie sal hê nie: Dat hulle vir ewig by Hom sal lewe, terwyl ander nie sal nie. Kom ons kyk mooi hierna:Johannes 14:22 Toe sê Judas (nie Judas Iskariot nie): Here, hoe sal U Uself aan ons bekend maak, maar nie aan die wêreld nie?Goeie vraag. Dis ‘n baie goeie vraag.Johannes 14:23 Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.Hoe leer ons dan vir Jesus regtig ken? Hoe ervaar ons Hom eerstehands? Die mense wat Jesus liefhet, neem alles wat Hy sê, baie ernstig op; die ander steur hulle nie daaraan nie. God die Vader en Jesus word op ’n baie intieme manier, deur die Gees, deel van die gehoorsame persoon, wat Hom liefhet, se lewe, wanneer Hy in sy hart kom woon en saam met hom lewe. Moet nooit in jou verhouding met Jesus die belangrikheid en die krag van gehoorsaamheid onderskat nie. Moet net nie!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 21, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 14:22,23 Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: “Here, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wêreld nie?” Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. Jy moet altyd versigtig wees as iemand beweer dat hy die een of ander spesiale insig, wat niemand anders ontvang het nie, het. En tog, as Christene, is dít presies wat ons kry – dit is...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hoe Sal Jy Weet?

0:00 3:22

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 21, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!