Hoekom Bly Jy Dwaas? episode artwork

EPISODE · May 11, 2025 · 2 MIN

Hoekom Bly Jy Dwaas?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 14:6 Al soek ’n spotter na wysheid, sal hy dit nooit kry nie. ’n Verstandige mens versamel maklik kennis. Bemagtiging is 'n woord wat vandag so populêr is. Haai, wie wil nie bemagtig voel nie? Wie wil nie hul probleme sommer met mag stormloop nie? Maar, wees versigtig, jy kan nie nou kom en terugdeins wanneer ons oor bemagtiging praat en sê dat dit verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vereis nie. Is jy ernstig?Enige sielkundige sal jou vertel hoe belangrik dit is om die rol van jou eie gedagtes, gevoelens en gedrag te erken. Om meer selfbewus te word. Om op te tree en 'n aktiewe agent in jou eie lewe te word. Om die inisiatief te neem. Om besluite te neem wat jou lot sal bepaal, eerder as om alles net met jou te laat gebeur.En kom ons wees eerlik, dit is harde werk. Dit behels ‘n stryd. Dit behels moed. Dit behels doelwitstelling. Dit behels dat jy verantwoordelikheid vir jouself aanvaar. Sal dit nie net makliker wees om aan te hou om die slagoffer te speel nie?Vir baie mense is die antwoord ja. Hulle spot met die wysheid waarmee mense hulle probeer seën. Hulle versmaai die waarde van die beste advies. En hulle gaan op hul eie voort en hulle verval in selfbejammering. Kyk na die kontras in...Spreuke 14:6 Al soek ’n spotter na wysheid, sal hy dit nooit kry nie. ’n Verstandige mens versamel maklik kennis.As ons 'n bose kringloop waarin ons vasgevang is, wil breek, moet ons skouer aan die wiel sit, verantwoordelikheid neem, wyse raad waardeer en aanvaar; veral God se raad, al is dit konfronterend en ongemaklik.Die hoofrede waarom mense dwaas bly, is omdat die waarheid behels dat hulle moet verander. Is jy die spotter of die verstandige mens?Al soek ’n spotter na wysheid, sal hy dit nooit kry nie. ’n Verstandige mens versamel maklik kennis..Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 11, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 14:6 Al soek ’n spotter na wysheid, sal hy dit nooit kry nie. ’n Verstandige mens versamel maklik kennis. Bemagtiging is 'n woord wat vandag so populêr is. Haai, wie wil nie bemagtig voel nie? Wie wil nie hul probleme sommer met mag stormloop nie? Maar, wees versigtig, jy kan nie nou kom en terugdeins wanneer ons oor bemagtiging praat en sê dat dit verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vereis nie. Is jy ernstig? Enige sielkundige sal jou vertel hoe belangrik d...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hoekom Bly Jy Dwaas?

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 11, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!