Hoekom is Ek Neerslagtig? episode artwork

EPISODE · Jun 26, 2025 · 3 MIN

Hoekom is Ek Neerslagtig?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 42:5 -6 As ek nadink hoe dit voorheen was, is ek ontsteld. Toe het ek geloop saam met die aanbidders en ’n optog gelei na die tempel van God terwyl ek sing en jubel saam met die skare wat feesvier. Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder. As jy nou regtig neerslagtig wil voel, moet jy aan die vleispotte van Egipte terugdink. Jy moet dink aan die goeie ou dae en aan die kommerlose tyd van ouds. Wat het verkeerd geloop? Hoekom kan dinge nie weer só wees nie? Hoekom sukkel ek om kop bo water te hou?Wanneer jy jouself toelaat om te tob oor wat jy verloor het, laat dit die slegte tye inderdaad baie slegter voel; die donker tye baie donkerder; jy voel absoluut geïsoleer. Dit is hoekom dit gedurende daardie tye voel asof jy die enigste een is wat harde bene kou. Maar wees verseker, wanneer jy jouself op daardie plek bevind, staan jy nie alleen in die stryd nie.In 1717 is die Franse skrywer en filosoof, Voltaire, in die berugte Bastille in Parys gevange gehou. As ‘n vurige vegter vir burgerregte en ‘n man met ‘n skerp sin vir humor was die Franse regering nou nie heeltemal uitbundig opgewonde oor sy satiriese geskrifte nie!Hy het in ‘n brief aan ‘n vriend sy groot nood beskryf en die goeie ou dae en die vryheid wat hy verloor het, betreur. So, onthou jy is nie die enigste een wat mismoedig voel nie. Ons is almal geneig om so te voel wanneer ons iets verloor. Kyk wat skryf die psalmis terwyl hy in ballingskap is ...Psalm 42:5-6 As ek nadink hoe dit voorheen was, is ek ontsteld. Toe het ek geloop saam met die aanbidders en ’n optog gelei na die tempel van God terwyl ek sing en jubel saam met die skare wat feesvier. Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder.En my vriend, dit is die antwoord wanneer die versengende pyn van verlies soos 'n mes deur jou hart sny. Wag vir God se hulp. Wag geduldig, wag met hoop in jou hart, ten spyte van jou omstandighede en jou somber emosies.Uit ondervinding kan ek vir jou sê: plaas jou hoop op God.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 26, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 42:5 -6 As ek nadink hoe dit voorheen was, is ek ontsteld. Toe het ek geloop saam met die aanbidders en ’n optog gelei na die tempel van God terwyl ek sing en jubel saam met die skare wat feesvier. Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder. As jy nou regtig neerslagtig wil voel, moet jy aan die vleispotte van Egipte terugdink. Jy moet dink aan die goeie ou dae en aan die kommerlose ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hoekom is Ek Neerslagtig?

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 26, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!