Hou Moed en wees Dapper episode artwork

EPISODE · May 23, 2026 · 2 MIN

Hou Moed en wees Dapper

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailDeuteronomium 31:6 Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.” Hou jy van verandering? Nie? Wel, jy is nie alleen nie. Die waarheid is, dat baie min mense gemaklik is met verandering.Stel jou dié situasie voor. Moses weet hy gaan binnekort sterf en hy is besig om Josua voor te berei om die leierskap van Israel oor te neem. Hulle staan op die drumpel van die Beloofde Land terwyl Moses sy laaste instruksies gee. Hulle staar magtige vyande, versterkte stede en die onsekerheid van 'n kritieke leierskapsoorgang in die gesig. En op die oomblik pleit Moses met hulle om nie bang te wees nie, maar om sterk en dapper te wees.Wel, ja, dis maklik vir jou om te sê, Moses. Jy is nie die een wat die Jordaanrivier moet oorsteek nie. Jy is nie die een wat geveg na geveg moet veg om die Beloofde Land in te neem nie. Kyk watter seënwense spreek Moses oor sy volk uit:Deuteronomium 31:6 Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”Soos ons gesê het, hou die meeste van ons nie van verandering nie. Al hoop ons dat dinge sal verbeter, of dat dit sommer vanself sal regkom, is dit ontstellend wanneer verandering kom, selfs al is dit positiewe verandering, omdat ons nie weet wat in die toekoms gaan gebeur nie. En dit is veral wáár, wanneer ons ernstige uitdagings in die gesig staar; wanneer verandering kom, soos dit vir Israel gebeur het. Dis een ding as iemand anders vir jou sê: wees sterk, wees dapper, moenie bang wees nie, maar dis nie genoeg nie. Wat genoeg sal wees - wat altyd meer as genoeg is - is die rede waarom ons dapper moet wees; want die HERE jou God sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”Want dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 23, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Deuteronomium 31:6 Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.” Hou jy van verandering? Nie? Wel, jy is nie alleen nie. Die waarheid is, dat baie min mense gemaklik is met verandering. Stel jou dié situasie voor. Moses weet hy gaan binnekort sterf en hy is besig om Josua voor te berei om die leierskap van Israel oor te neem. Hull...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hou Moed en wees Dapper

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 23, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!