Hou Op om die Stomp Byl te Swaai episode artwork

EPISODE · Aug 30, 2026 · 3 MIN

Hou Op om die Stomp Byl te Swaai

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 5:16 Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid. Het jy al gesien hoe ons soms sommer sonder planne in dinge kan instorm? Ons dink op die een of ander manier dat ons harde werk alleen genoeg sal wees. Maar dan sit ons na die tyd doodmoeg en moedeloos, en wonder hoekom alles so swaar en vrugteloos voel.Abraham Lincoln het eenkeer gesê: Gee my ses uur om ’n boom af te kap, dan sal ek die eerste vier uur gebruik om die byl skerp te maak. Dit klink dalk met die eerste oogopslag heeltemal mal, nè? Maar hy het die groot geheim geken: goeie voorbereiding maak jou impak net soveel groter. Die skerper byl doen immers binne minute dít waarmee die stomp een ure lank sou sukkel.Dieselfde geld vir ’n lewe van geloof. Met die eerste oogopslag lyk dit asof Jesus van een ontmoeting na ’n ander beweeg – hier leer Hy mense, daar genees Hy, en dan gaan Hy aan na die volgende dorpie. Maar as jy van naderby kyk, sal jy sy ritme raaksien: Hy het weggeglip om te bid, na sy Vader geluister en Homself in afsondering voorberei. Lukas 5:16 Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.Dit was sý manier om sy byl skerp te maak. Die krag vir alles wat Hy vir mense gedoen het, het in stil gebed begin. Jesus het self gesê dat Hy altyd na sy Vader se stem geluister het. Sy moed vir die kruis het Hy reeds in Getsemane gekry.En hier is die groot vraag vir my en vir jou: probeer ons dalk om met ’n stomp byl deur die lewe te sukkel? Storm ons sommer net sonder gebed, sonder die Bybel, en sonder om te vra wat God wil hê in verhoudings en probleme in? Goeie voorbereiding is vandag nog net so belangrik soos dit in die verlede was. As jy ’n lewe met ware impak wil lei, maak jou byl skerp net soos Jesus gedoen het. Doen dit in gebed. Doen dit deur te luister. En doen dit in gehoorsaamheid. Moenie sommer net in dinge instorm nie. Berei eers voor. Want dit is presies waar jou krag vandaan kom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 30, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 5:16 Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid. Het jy al gesien hoe ons soms sommer sonder planne in dinge kan instorm? Ons dink op die een of ander manier dat ons harde werk alleen genoeg sal wees. Maar dan sit ons na die tyd doodmoeg en moedeloos, en wonder hoekom alles so swaar en vrugteloos voel. Abraham Lincoln het eenkeer gesê: Gee my ses uur om ’n boom af te kap, dan sal ek die eerste vier uur gebruik om die byl skerp te maak. ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Hou Op om die Stomp Byl te Swaai

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 30, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!