Hy het my Smeekgebede Gehoor episode artwork

EPISODE · Jun 24, 2025 · 2 MIN

Hy het my Smeekgebede Gehoor

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 116:1-6 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!” Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered. ‘n Rukkie gelede het ek vroeg die oggend, terwyl dit nog pikdonker was en terwyl ek besig was om ‘n VARS-boodskap voor te berei, 'n kat buite my studeerkamervenster wanhopig hoor miaau. Dit het net vir 'n paar minute aangehou, maar daardie jammerlike kreet het my bygebly. Dit was regtig spookagtig, want dit het my teruggevoer na daardie paar kere in my lewe toe my pyn so verskriklik erg was en ek so moedeloos gevoel het, dat ek niks anders kon doen as om net te sit en snik nie. Ek weet nie hoe jou lewe verloop nie, maar enigiemand wat al baie lewenservaring opgedoen het, het sekerlik ook al sulke emosies ervaar. Vir my het hierdie woorde gevoel asof dit net vir my geskryf is: Psalm 116:1-4 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!”  Ja, my vriend, ek het ook na Hom geroep. Here, red my tog! En weet jy, Hy het net soos vir die psalmis, my gered. Psalm 116:5-7 Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered. As die seer jou oorweldig en jy nie woorde het nie, roep tot God. Hy sal jou hoor. Hy sal jou red. Hy sal jou beskerm. Hy sal vir jou sy vrede gee. Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 24, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 116:1-6 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!” Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered. ‘n Rukkie gelede het ek vroeg die oggend, terwyl dit nog pi...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hy het my Smeekgebede Gehoor

0:00 2:39

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 24, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!