Hy Sal Jou Laat Volhard episode artwork

EPISODE · Jul 27, 2024 · 2 MIN

Hy Sal Jou Laat Volhard

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Korintiërs 1:8 Hy sal julle enduit vas laat staan sodat, op die groot dag wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, geen vinger na julle gewys sal kan word nie. (NLV) Volharding klink na harde werk, nè? Dis nie iets waarvan ons so baie hou nie, want dit spreek van lyding en beproewing om tot aan die einde deur te druk. Wie het dít nou nodig? Nie jy nie, nie ek nie, of hoe sê ek? En tog is volharding 'n konstante tema in die lewe. Soms voel dit goed, soos die atleet wat oefen om 'n prys te wen en deur die pyn van spierbou en stamina-bou volhard het. Ander kere sien ons dit as negatief – volharding deur 'n moeilike huwelik, finansiële swaarkry, eensaamheid. Hoe dit ook al sy, die versoeking om op te gee, is altyd daar. En dit is ook waar vir enigiemand wat Jesus wil volg. Dit is die volharding om aan sy voete te leer, om in Hom te groei en om Hom te dien. Dit veroorsaak dikwels pyn in ons lewens. Die pyn van vervolging … en versoeking. Ja, versoeking is ‘n groot struikelblok. Daar is soveel dinge daar buite wat ons van Jesus wil weglok – onsedelikheid, hebsug, oneerlikheid, konflik. Die versoeking om deur daardie soort dinge betower te word, is so groot, dat om dit te weerstaan, krag en energie gaan vereis. Dit is uitputtend. Nou ja, hier kom die goeie nuus. Is jy gereed om te hoor wat God sal doen? 1 Korintiërs 1:8 Hy sal julle enduit vas laat staan sodat, op die groot dag wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, geen vinger na julle gewys sal kan word nie. (NLV) Ons hoef nie alleen te probeer om te volhard nie. Ons sal dit beslis nie op ons eie regkry nie. Wanneer jy na Jesus kom, sal sy Gees in jou, jou sterk hou tot die einde toe. Sodat? Sodat jy op die dag wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, vry van blaam sal wees! Jy hoef nie alleen te stry nie! Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 27, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:8 Hy sal julle enduit vas laat staan sodat, op die groot dag wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, geen vinger na julle gewys sal kan word nie. (NLV) Volharding klink na harde werk, nè? Dis nie iets waarvan ons so baie hou nie, want dit spreek van lyding en beproewing om tot aan die einde deur te druk. Wie het dít nou nodig? Nie jy nie, nie ek nie, of hoe sê ek? En tog is volharding 'n konstante tema in die lewe. Soms voel dit goed, soos die a...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Hy Sal Jou Laat Volhard

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 27, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!