In die Skadu van die Allerhoogste episode artwork

EPISODE · Apr 11, 2025 · 2 MIN

In die Skadu van die Allerhoogste

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 91:1-2 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” Dit lyk deesdae asof die wêreld permanent op die rand van die een of ander groot ramp is. Of dit die Koue Oorlog van die vorige eeu is, waar Rusland en Amerika mekaar gedreig het dat hulle duisende kernmissiele gereed het om binne sekondes, met die druk van ‘n knoppie, te lanseer; of die konflikte in die Midde-Ooste wat dreig om die supermoondhede in die volgende wêreldoorlog in te trek; of pandemies, soos wat ons onlangs beleef het; of soos sommige beweer, die klimaatsverandering. Ja, daar is altyd iets.Dit is dus nie 'n groot verrassing dat die wêreldmark vir oorlewingsbunkers, of oordeelsdagskuilings soos dit soms genoem word, vinnig groei nie. Kan jy glo dat die besteding biljoene dollar per jaar beloop en ‘n voorspelde jaarlikse groeikoers van 6,4% het?Hierdie skuilings het gewapende beton mure, lugfiltrasiestelsels, noodvoorrade (voedsel, water en medies), kragopwekkers en sanitasiestelsels. Sommige van die luukses vir die rykes sluit selfs fliekteaters, swembaddens, gimnasiums en hidroponiese tuine in. En dis die waarheid!Maar hoe sterk en goed toegerus jou bunker ook al is; dink jy jou isolasie gaan jou werklik van 'n langtermyn globale ramp red? En, my maat, dit maak nie saak hoe slim, hoe sterk en hoe goed voorbereid jy is nie; jy kan jouself nooit werklik red van die rampe wat jou onvermydelik sal tref nie. Maar …Psalm 91:1-2 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”Hulle noem Hom nie verniet ons 'Verlosser' nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 11, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 91:1-2 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” Dit lyk deesdae asof die wêreld permanent op die rand van die een of ander groot ramp is. Of dit die Koue Oorlog van die vorige eeu is, waar Rusland en Amerika mekaar gedreig het dat hulle duisende kernmissiele gereed het om binne sekondes, met die druk van ‘n knoppie, te lanseer; of di...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

In die Skadu van die Allerhoogste

0:00 2:47

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 11, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!