In Groot Aanvraag episode artwork

EPISODE · Sep 15, 2024 · 2 MIN

In Groot Aanvraag

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 1:35-37 Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid. Later het Simon en die ander mense by hom agter Jesus aan gegaan en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal vra na U.” (NLV) Dit is vreeslik maklik om onsself te flous deur te dink dat ons belangriker is, as wat ons eintlik is. Ons mislei onsself deur te dink dat ons dienste ontsettend hoog in aanvraag is. Ons sê so maklik as iemand ons vra hoe dit gaan: Besig, besig, besig. Ons dink dis die manier hoe die lewe veronderstel is om geleef te word.Natuurlik gaan ons deur stadiums in ons lewe wanneer die tyd wat ons beskikbaar het, nie genoeg is om alles te doen wat afgehandel moet word nie. Enige werkende ouer met kinders sal dit vir jou sê. Iemand wat drie verskillende werke doen net om te oorleef, sal jou dit ook vertel.Maar dit is veronderstel om tydelike stadiums, waardeur ons reis, te wees, nie permanente toestande waarin ons leef nie.Maar hoe groot die druk ook al is, wil ek jou vertel dat die ergste ding wat jy moontlik kan doen, is om jouself te oortuig dat jy nie tyd het om te bid nie. En dit is terloops die grootste verskoning vir die gebrekkige gebedslewe van so baie mense. Dit is moeilik om aan iemand te dink wat meer in aanvraag was as Jesus. Ja, my vriend, Hy het as’t ware popster-status gehad. ‘n Hele stad sou leegloop om iewers in 'n veld na Hom te gaan luister wanneer Hy in die dorp was. Dis hoe sy lewe van vroeg tot laat gelyk het!Markus 1:35-37 Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid. Later het Simon en die ander mense by hom agter Jesus aan gegaan en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal vra na U.” (NLV)Ten spyte van daardie besige lewe het Jesus altyd tyd gemaak om te bid. Want dit is waar die krag, die vrede en die wysheid vandaan kom. Maak tyd om te bid!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 15, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 1:35-37 Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid. Later het Simon en die ander mense by hom agter Jesus aan gegaan en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal vra na U.” (NLV) Dit is vreeslik maklik om onsself te flous deur te dink dat ons belangriker is, as wat ons eintlik is. Ons mislei onsself deur te dink dat ons dienste ontsettend hoog in aanvraag is. Ons sê so maklik as iemand ons vra hoe dit gaan: Besig, b...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

In Groot Aanvraag

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 15, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!