In Liefde Verenig episode artwork

EPISODE · Aug 1, 2025 · 3 MIN

In Liefde Verenig

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense 2:1-2 Julle is mos deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken! Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel. (NLV) Ek weet nie hoe oud jy is nie, maar ek is al 24 246 dae op ons dierbare planeet Aarde – dis net minder as 66 ½ jaar lank. En gedurende daardie tyd het die band wat ons as mense saambind, dramaties agteruit gegaan. Groot, oënskynlik onoorbrugbare klowe het oopgegaan. Hoekom het dit gebeur?Ek het daardie vraag aan ‘n Kunsmatige Intelligensie-sagteware-platform gevra. Hier is die antwoord: "Die toename van verdeeldheid in die samelewing in die moderne tyd kan toegeskryf word aan 'n komplekse wisselwerking van faktore." Jy kan dit weer sê! Die digitale en sosiale media voer ons nie net met onakkurate inligting nie, maar ook met vals inligting wat daarop fokus om ons met opset te mislei en ons bestaande waardes só deurmekaar te maak, dat ons nie weet of ons kom of gaan nie. So kan ons elkeen in ons eie loopgraaf beland.Die isolasie wat die ‘aanlyn’-lewe’ veroorsaak, maak ons meer vyandig en aggressief, en dit vererger die gapings tussen mense. Elke Jan Rap en sy maat het sy eie filosofie; die een of ander eiertjie te lê om jou van sy standpunt te oortuig. Maar weet jy, dit is ontstellend om dit ook onder Christene te sien gebeur, en daarom is dit so belangrik om te dink aan hierdie verse in:Filippense 2:1-2 Julle is mos deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken! Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel. (NLV)Toemaar, wees getroos: ons hét 'n keuse. Ons kan verdeeldheid aanblaas deur te koop te loop met ons eie perspektiewe; of ons kan liefde, gevul met die vreugde van die Heilige Gees, uitleef met respek en simpatie en so onenigheid met eensgesindheid vervang.Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 1, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 2:1-2 Julle is mos deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken! Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel. (NLV) Ek weet nie hoe oud jy is nie, maar ek is al 24 246 dae op ons dierbare planeet Aarde – dis net minder as 66 ½ jaar lank. En gedurende daardie tyd het die band wat ons as mense saambind, dramat...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

In Liefde Verenig

0:00 3:22

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 1, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!