Instinktiewe Reaksies episode artwork

EPISODE · Aug 3, 2025 · 2 MIN

Instinktiewe Reaksies

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 3:9 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terugbeledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. (NLV) Hoe reageer jy wanneer iemand jou sleg behandel; wanneer hulle jou ignoreer of beledig ...? Die antwoord vir die meeste van ons is dat ons instinktief reageer en dieselfde aangeleerde patroon in konfliksituasies kies.Nouja, niemand van ons hou daarvan om geïgnoreer, verkleineer, of sleg van gedink, of van gepraat te word nie. Nie een van ons wil hê dat die mense ná aan ons, ons moet afjak nie. Maar dit gebeur amper daagliks. So, dink mooi, wat is jou instinktiewe reaksie?Diegene met 'n sterk persoonlikheidstipe is geneig om terug te kap en mense presies te laat weet wat hulle dink. Dis 'n goeie manier om konflik nog ‘n paar grade in die rooi te laat styg, of hoe!Ander bly stil, maar dis net om hulle tyd te gee om hulle wraak te beplan. Jy ken die gesegde: moenie kwaad word nie, betaal hom in eie munt terug. En hoe sal dit werk vir die verhouding met daardie persoon? Wel...Ander neem alles ter harte en krul op in 'n emosionele balletjie van pyn. Hoe beïnvloed dit hul eiewaarde in die toekoms? Maar daar is nog 'n opsie.1 Petrus 3:9 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terugbeledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. (NLV)Victor Frankl, ‘n persoon wat die Holocaust, oftewel die Joodse Volksmoord, oorleef het, het dit so gestel: Alles kan van 'n mens weggeneem word, behalwe een ding: die laaste van die menslike vryhede - om jou houding in enige gegewe situasie te kies; om jou eie weg te baan.So, kies om nie terug te baklei nie. Kies om God eerder te vra om die ander persoon te seën.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 3, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 3:9 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terugbeledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. (NLV) Hoe reageer jy wanneer iemand jou sleg behandel; wanneer hulle jou ignoreer of beledig ...? Die antwoord vir die meeste van ons is dat ons instinktief reageer en dieselfde aangeleerde patroon in konfliksituasies kies. Nouja, niemand van ons hou daarvan ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Instinktiewe Reaksies

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 3, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!