Intense Reiniging episode artwork

EPISODE · Aug 28, 2024 · 2 MIN

Intense Reiniging

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.Wanneer ons stilstaan en daaroor nadink, weet ons instinktief dat ons optrede direk vloei uit wat in ons harte aangaan. Die probleem is dat ons nie gereeld genoeg stilstaan en daaroor nadink nie.Wanneer laas het jy irrasioneel opgetree? Hoekom het jy beheer verloor? Wat het dit veroorsaak? Nouja, dit was waarskynlik op daardie oomblik die een of ander onbenullige dom dingetjie, waarop jy, op grond van wat in jou hart aan die gang was, gereageer het.Of dalk was jou reaksie bloot as gevolg van nog ‘n voortdurende patroon van stimulus, reaksie; stimulus, reaksie. En hoe verder ons op daardie paadjie voortsukkel, hoe meer bevind ons onsself in ‘n vernietigende gedragspatroon waaruit ons nie maklik kan ontsnap nie.Dit was wat met koning Dawid van Israel gebeur het toe hy homself tegelykertyd aan egbreuk en moord skuldig gemaak het. Maar toe hy besef het dat hierdie verskriklike ding wat hy gedoen het, uit sy hart gekom het en dat hy weet dat hy magteloos was om homself te beheer, is dít wat hy gebid het:Psalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.Om aldag te verstaan wat diep in jou hart aangaan, is regtig moeilik en baie dikwels onmoontlik. Dawid was dus slim genoeg om vir God te vra om dit vír hom te doen. Hy vra God om hom te reinig en om deur sy Heilige Gees sy hart te verander, sodat veranderinge in sy gedrag daaruit sal voortvloei.Wat 'n slim ding om vir God te vra; eerder as om self jou optrede te probeer verander terwyl jou hart nog nie op die regte plek is nie.Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 28, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Wanneer ons stilstaan en daaroor nadink, weet ons instinktief dat ons optrede direk vloei uit wat in ons harte aangaan. Die probleem is dat ons nie gereeld genoeg stilstaan en daaroor nadink nie. Wanneer laas het jy irrasioneel opgetree? Hoekom het jy beheer verloor? Wat het dit veroorsaak? Nouja, dit was waarskynlik op daardie oomblik die een of ander onbenullige dom dingetjie, waarop jy, o...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Intense Reiniging

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 28, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!