Is jou lewe ‘n Bootvaart? episode artwork

EPISODE · Oct 28, 2024 · 2 MIN

Is jou lewe ‘n Bootvaart?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailOpenbaring 3:3 Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos 'n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie. Bootvaarte het baie populêr geword. Trouens, meer as 30 miljoen mense dwarsdeur die wêreld het verlede jaar bootvaarte onderneem, en dis glo 'n syfer wat binne drie jaar tot 40 miljoen gaan styg.En geen wonder dit is so gewild nie. Dis wat ek 'n luukse, allesinsluitende ontsnapping van die rotresies noem! Dis die een plek waar jy net eenkeer uitpak en inpak en byna elke dag in 'n ander betowerende hawe aankom. Jy eet en drink en jy’s vrolik! Wie sal nou nie daarvan hou nie?Ek het onlangs op die eersteklas spyskaart van die aand van die 14e April 1912 aan boord van die RMS Titanic afgekom: Oesters, consommé, filet mignon, miskien gebraaide eend met appelmoes … en dis ongetwyfeld saam met die beste Franse wyne bedien.Dit was net mooi in die middel van daardie aandete dat sy 'n ysberg getref het. Net ’n paar uur later het die ‘onsinkbare’ Titanic in twee gebreek en twaalf en ’n half duisend voet na die seebodem gesink.Die passasiers het die beste lewe denkbaar op 'n ‘onsinkbare’ skip beleef, maar op daardie aaklige, geskiedkundige nag het die ysberg soos 'n dief in die nag meer as 1 500 mense van hul lewens beroof.Openbaring 3:3 Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos 'n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie.Dit maak nie saak hoe wonderlik die lewe lyk nie, hoe geborge en veilig dit lyk nie, jou einde en my einde, sal in ‘n oogwink kom. Is jy gereed?Word wakker! Plaas jou vertroue in Jesus wat vir jou gesterf en opgestaan het. Verander jou lewe en jou hart want jy het geen benul wanneer jou einde sal kom nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 28, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Openbaring 3:3 Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos 'n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie. Bootvaarte het baie populêr geword. Trouens, meer as 30 miljoen mense dwarsdeur die wêreld het verlede jaar bootvaarte onderneem, en dis glo 'n syfer wat binne drie jaar tot 40 miljoen gaan styg. En geen wonder dit is so gewild nie...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Is jou lewe ‘n Bootvaart?

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 28, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!