Is ‘n Naam Belangrik? episode artwork

EPISODE · Oct 15, 2024 · 3 MIN

Is ‘n Naam Belangrik?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 43:1 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. Sukkel jy ook nes ek, om 'n persoon se naam, twee minute nadat jy hom ontmoet het, te onthou? Dit is moeilik, nè? En tog is hulle naam vir húlle ongelooflik belangrik. Die feit dat ons dit vergeet, laat hulle voel dat hulle nie vir ons belangrik is nie.Kom ons gesels oor hoe jý voel as iemand jou naam vergeet! Dit verander sommer die atmosfeer – jy ervaar die persoon op ‘n afstand en dit keer jou om 'n nouer verhouding met hom te bou.God is die God wat die hele heelal geskep het en onderhou. Hy is alwetend, almagtig, alomteenwoordig, barmhartig, regverdig en liefdevol om maar net ‘n paar van sy eienskappe te noem. En tog vergeet Hy nooit 'n naam nie.Jesaja 43:1 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.Hoe het Hy vir Jakob genoem? Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.Ek en jy is nie net nommers vir Hom nie – jy is nie nommer 4465970 nie en ek nie nommer 4465971 nie. Ten spyte daarvan dat Hy die hele heelal geskep het, ten spyte daarvan dat Hy dit minuut vir minuut onderhou, ten spyte van al die dinge wat Hy aan die gang het – dinge wat Hy alles moet doen, waaraan jy nie eers in jou wildste drome kan dink nie! – ten spyte van alles … ken Hy jou naam. Hy vergeet dit nooit nie. Hy noem jou … op jou naam.Wat sê dit vir jou van hierdie wonderlike God wat ons dien? Dit wys jou mos oor en oor hoeveel God vir jou omgee, nè?Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 15, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 43:1 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. Sukkel jy ook nes ek, om 'n persoon se naam, twee minute nadat jy hom ontmoet het, te onthou? Dit is moeilik, nè? En tog is hulle naam vir húlle ongelooflik belangrik. Die feit dat ons dit vergeet, laat hulle voel dat hulle nie vir ons belangrik is nie. Kom ons gesels oor hoe jý voel as iemand jou naa...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Is ‘n Naam Belangrik?

0:00 3:04

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 15, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!