Ja en Amen episode artwork

EPISODE · May 19, 2026 · 2 MIN

Ja en Amen

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Korintiërs 1:20-21 want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ’n volmondige “ja”. Daarom is dit ook deur Christus se toedoen dat ons, om God te verheerlik, daarop “Amen” sê. Hy het ons saam met julle op Christus as fondament geplaas, terwyl God ons ook vir Hom afgesonder het. (NLV) Die lewe is deurmekaar. Jy kan nie daarmee stry nie. Wys my 'n enkele gesin wat nog nie sy eie probleme gehad het nie. Wys my 'n enkele persoon met ‘n grys haar of twee, wat nie deur 'n paar werklike krisisse in die lewe gegaan het nie. Sulke mense bestaan eenvoudig nie.Die lewe ruk en pluk ons inderdaad rond. Hopelik skuur dit ‘n paar van ons growwe kante af. In vandag se lewe moet ’n mens veerkragtig wees, jy moet verantwoordelikheid kan neem. Maar daar is 'n rots waarop ons veerkragtigheid gebou kán en móét word; 'n tydlose, onwrikbare fondament waarop ons elkeen kan en moet staan. Hier is dit:2 Korintiërs 1:20-21 want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ’n volmondige “ja”. Daarom is dit ook deur Christus se toedoen dat ons, om God te verheerlik, daarop “Amen” sê. Hy het ons saam met julle op Christus as fondament geplaas, terwyl God ons ook vir Hom afgesonder het. (NLV)God se beloftes is waar. Jesus het vir jou gekom. In Christus is al die beloftes van God 'n ‘ja.’ Hy het gekom om jou van jou sonde te red. Hy het weer uit die dood opgestaan om jou 'n nuwe lewe te gee. Hy is gereed, gewillig en in staat om sy Gees op jou uit te stort om jou in Christus sterk te maak. Jy sal die ewigheid saam met Hom deurbring.Hoe word hierdie beloftes vir jou ‘n werklikheid? Deur jou geloof in Jesus te plaas; deur jou hele lewe aan Jesus oor te gee. Want die ‘ja’ op al God se beloftes is in Christus, en daarom sê ons deur Christus "Amen" tot eer van God.My Vriend, vertrou volkome op Jesus.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 19, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 1:20-21 want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ’n volmondige “ja”. Daarom is dit ook deur Christus se toedoen dat ons, om God te verheerlik, daarop “Amen” sê. Hy het ons saam met julle op Christus as fondament geplaas, terwyl God ons ook vir Hom afgesonder het. (NLV) Die lewe is deurmekaar. Jy kan nie daarmee stry nie. Wys my 'n enkele gesin wat nog nie sy eie probleme gehad het nie. Wys my 'n enkele persoon met ‘n grys haar of twee, wat nie...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Ja en Amen

0:00 2:40

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 19, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!