Januarie / Februarie 2024 VARS NUUSBRIEF episode artwork

EPISODE · Feb 11, 2024 · 3 MIN

Januarie / Februarie 2024 VARS NUUSBRIEF

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLees als hierOns is opgewonde om na 'n verfrissende somervakansie nog 'n jaar in diens van ons Koning te begin. Ons bid dat die tydjie vir jou ryke seën ingehou het. Waarna sien jy hierdie jaar uit? Waarmee gaan Jesus jou hierdie jaar verras? Het jy doelwitte wat jy graag wil bereik? ‘n Vakansie wat jy dalk wil beplan? Verhoudings waaraan jy aandag moet gee? Wie weet wat die Here vir ons in hierdie baie belangrike jaar wat vir ons land voorlê, beplan? Die waarheid is, dat net Hy weet. Ons lees in Handelinge 1:7,8 dat Jesus vir sy dissipels gesê het:  “Die Vader bepaal hierdie datums,” het Hy geantwoord, “en die bedoeling is nie dat julle dit moet ken nie. Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.” (NLV)  En dit is presies wat ons elkeen wil doen, nè? Ons weet die tyd is kort en kosbaar en dat ons geleenthede om die boodskap van Jesus Christus aan ‘n honger wêreld uit te dra, al hoe skaarser word. Sefanja 3:16,17 : Daardie dag sal vir Jerusalem gesê word: “Moenie bang wees nie, Sion! Moenie moedeloos word nie. Die Here jou God is by julle. Hy is ’n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel.” (NLV) Daarom wil ons jou graag uitnooi om prakties deel van Christianityworks te wees. Ons wil nie op finansies hamer nie, maar die werklikheid is, dat ons jou ondersteuning baie nodig het! (Alle bydraes by die FNB-rekening word slegs deur ons plaaslike bediening benut!) Die Bybel leer ons dat dit God se normale praktyk is om sy mense te betrek by die finansiering van sy werk. Lees gerus 2 Korintiërs 8: 1-15. Ons waardeer jou voorbidding vir die bediening.Het jy al vir al jou vriende en familie vertel dat hulle daagliks VARS-boodskappe per e-pos of op ‘n potgooi kan geniet? (Ons het tans oor die 700 boodskappe wat weekliks op potgooi afgelaai word!) Laat weet asseblief as jy enige voorstelle het om VARS beter bekend te stel.Ons is altyd baie dankbaar en opgewonde om terugvoer en getuienisse van julle te ontvang!IN DIE PYPLYN o   ‘n VARS – Facebookbladsy om gereelde interaktiewe kommunikasie met julle, ons intekenaars en donateurs, te hê. o   Ons ondersoek die moontlikheid van ‘n “White-label” ( ‘n gedrukte weergawe van die oordenkings met advertensie geleenthede) vir kerke en ons radio-vennote o   Opdatering van ons Webwerf om dit 100% in Afrikaans te hêo   Berni besoek Suid-Afrika DV in Julie 2024Seënwense en mooi loopDie VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 11, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Lees als hier Ons is opgewonde om na 'n verfrissende somervakansie nog 'n jaar in diens van ons Koning te begin. Ons bid dat die tydjie vir jou ryke seën ingehou het. Waarna sien jy hierdie jaar uit? Waarmee gaan Jesus jou hierdie jaar verras? Het jy doelwitte wat jy graag wil bereik? ‘n Vakansie wat jy dalk wil beplan? Verhoudings waaraan jy aandag moet gee? Wie weet wat die Here vir ons in hierdie baie belangrike jaar wat vir ons land voorlê, beplan? Die waarheid is...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Januarie / Februarie 2024 VARS NUUSBRIEF

0:00 3:43

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 11, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!