Jesus begin Sy Werk episode artwork

EPISODE · Sep 12, 2024 · 2 MIN

Jesus begin Sy Werk

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 1:14,15 Later, nadat Johannes gearresteer is, het Jesus na Galilea toe gegaan om God se Goeie Nuus aan te kondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!”(NLV) Om 'n nuwe projek aan te pak, is altyd ‘n groot uitdaging. Jy gee daardie eerste tree nogal versigtig. Jy wil hê dit moet goed begin. Jy wil nie mense op die eerste dag ontstel nie.Toe ek destyds, tydens my werk as rekenaarkonsultant met 'n nuwe kliënt begin werk het, was daardie eerste paar dae altyd vir my moeilik. Waarmee het ek te doen? Wie is die ouens met invloed op wie se tone ek nie wil trap nie?Maar kom ons dink aan Jesus, die Seun van God, se grootword dae. Hy was aanvanklik redelik afgesonder in 'n lekker, veilige, klein skrynwerkerswinkeltjie in Nasaret, waar hy seker stoele, deure en kiste gemaak het. Maar toe, op ‘n dag was die tyd ryp vir Hom om met die werk waarvoor sy Vader Hom hierheen gestuur het, te begin.So hoe het Jesus daardie oorgang van die oue na die nuwe hanteer; van die bekende, tot hierdie nuwe fase wat tot die Kruis sou lei?Markus 1:14,15 Later, nadat Johannes gearresteer is, het Jesus na Galilea toe gegaan om God se Goeie Nuus aan te kondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!” (NLV)Johannes die Doper is pas in die tronk gegooi – en sou binnekort tereggestel word. Jy sou nou dink dat Jesus versigtig sou wees om aandag om Hom te vestig; maar nee. In plaas daarvan praat Hy met mense oor hulle sonde; Hy daag hul oorgeërfde gedrag uit; Hy sê hulle moet wegdraai van die bose en terugkeer na God toe.Hy het hulle sonde en ons s'n so ernstig opgeneem dat Hy bereid was om sy lewe vir ons almal neer te lê.“Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!”(NLV)Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 12, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 1:14,15 Later, nadat Johannes gearresteer is, het Jesus na Galilea toe gegaan om God se Goeie Nuus aan te kondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!”(NLV) Om 'n nuwe projek aan te pak, is altyd ‘n groot uitdaging. Jy gee daardie eerste tree nogal versigtig. Jy wil hê dit moet goed begin. Jy wil nie mense op die eerste dag ontstel nie. Toe ek destyds, tydens my werk as...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Jesus begin Sy Werk

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 12, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!