Jou Blik Op die Ewigheid episode artwork

EPISODE · Jun 24, 2024 · 2 MIN

Jou Blik Op die Ewigheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailOpenbaring 7:9,10 Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!” Het jy al ooit gewens dat jy 'n blik op die ewigheid kan kry? Hoe sal dit wees? Is dit die moeite werd om hier op aarde te worstel sodat jy die ewigheid saam met God aan die Anderkant kan deurbring … of nie?Ek vermoed dat die meeste mense wat besluit het om hul lewe vir Jesus te leef, hulself al hierdie vraag afgevra het. Is dit alles regtig die moeite werd?Dis nie 'n onredelike vraag nie. Party dae is die versoeking so groot om net saam met die stroom te gaan; om te eet, te drink en vrolik te wees, om te swig voor die uitdagings: die oneerlikheid, die trots, die onsedelikheid, al daardie goed wat vandag in ons wêreld die norm geword het.Dit sal mos baie makliker wees om saam met die wolwe in die bos te huil, as om jou vyande lief te hê, om diegene te dien wat dit nie verdien nie, om diegene te vergewe wat jou seergemaak het … en nie net dit nie; maar om die ander wang te draai, die ekstra myl te loop? Om jou te help om daardie vraag vir jouself te beantwoord is hier ‘n blik op die ewigheid:Openbaring 7:9,10 Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!”As jy Jesus vertrou en as jy getrou aan Hom bly, sal jy eendag in daardie skare voor die troon staan … en daar sal jy Hom vir ‘n ewigheid, sonder einde, aanbid. Dit sal mos absoluut die moeite werd wees!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 24, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Openbaring 7:9,10 Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!” Het jy al ooit gewens dat jy 'n blik op die ewigheid kan kry? Hoe sal dit wees? Is dit die moeite werd om hier op aarde te worstel sodat ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Jou Blik Op die Ewigheid

0:00 2:31

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 24, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!