Jou Ewige Hoop episode artwork

EPISODE · Oct 11, 2025 · 2 MIN

Jou Ewige Hoop

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 1:3-4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. Terwyl ons dag vir dag voortploeter, dink ek dis alte maklik vir ons om die lewe as vanselfsprekend te aanvaar. Of dit nou goed gaan, of sleg gaan; ons leef, ons haal asem en doen al die dinge wat ons moet doen. Totdat … ons nie meer daar is nie.Elke oggend as ek wakker word, dank ek God vir my nagrus, die asem in my longe en vir die nuwe dag... wat dit ook al mag inhou. Dis my manier om nederig te wees en te keer dat ek die gawe van die lewe as vanselfsprekend aanvaar. Dis daardie gedagte, daardie besef van die kosbaarheid van die lewe, wat my hierdie woorde uit die apostel Petrus se brief aan 'n klomp vervolgde 1ste-eeuse Christene in 'n heel nuwe lig laat sien het:1 Petrus 1:3-4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.Petrus het gesien hoe Jesus aan die kruis vasgespyker is. Hy het gesien hoe Jesus daar gehang het, hoe Hy dood is, hoe hulle Hom met ‘n swaard deurboor het én hoe Hy uit die dood opgestaan het. Dit is die patroon van die nuwe lewe wat vir enigiemand, wat sy vertroue in Jesus stel, beskikbaar is.Maar dit is nie al nie. Stel jou net die ongelooflike vreugde van daardie Opstandingsoggend voor, toe sy dissipels ontdek het dat Jesus lewendig was. Ja my vriend, jy kan deel in daardie ongelooflike vreugde; daardie "lewende hoop" waarvan Petrus praat. 'n Hoop wat lewendig is omdat Jesus lewendig is.Daardie kosbare nuwe lewe, daardie lewende hoop is vir jou beskikbaar in Christus en in Christus alleen.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 11, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 1:3-4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. Terwyl ons dag vir dag voortploeter, dink ek dis alte maklik vir ons om die lewe as vanselfsprekend te aanvaar. Of dit nou goed gaan, of sleg...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Jou Ewige Hoop

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 11, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!