Jou Geleentheid om te Groei episode artwork

EPISODE · May 25, 2026 · 3 MIN

Jou Geleentheid om te Groei

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 5:3-5 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Die lewe kan nogal onverwagte kinkels in die pad hê, nè? Net wanneer jy dit die minste verwag, slaat die teëspoed jou plat! Jy bevind jouself in 'n gat; 'n plek waar jy nooit verwag het om te wees nie. Maar weet jy, dit kan net mooi die grootste geleentheid vir God wees om vir jou ‘n besondere geskenk te gee!In 1931, op sewejarige ouderdom, het Jacques Lusseyran in 'n ongeluk sy sig verloor. Sy wêreld het oornag verander. Maar hy het vinnig by sy blindheid aangepas en eerder as om wanhopig te word, het hy buitengewone insig en deursettingsvermoë ontwikkel. As ‘n jong seun het hy besorgd geraak oor Hitler se mag. Hy het besluit om Duits te leer sodat hy radio uitsendings kon volg. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy 'n leier van ‘n Franse Weerstandsbeweging geword. Hy is deur die Gestapo gearresteer en na Buchenwald gestuur, waar hy een van die min mense was, om, ten spyte van die wrede toestande, sy gevangeskap te oorleef. Sy blindheid het 'n geestelike lens geword waardeur sy insig, moed en deernis verskerp is. In sy memoir, And There Was Light, skryf hy: Ek het vrede in my hart gehad, want ek het ontdek dat vreugde in duisternis kan bestaan.Romeine 5:3-5 … Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.Wanneer die lewe onverwags verander, gee God jou die geleentheid om te groei. Wanneer jy deur lyding volhard, bou dit ongetwyfeld jou karakter. Jy stap saam met Jesus deur daardie hel. Hy sal jou vul met 'n rotsvaste hoop wanneer Hy deur sy Gees, sy liefde in jou hart uitstort.Moenie blind wees vir die grootste geleentheid wat Hy jou ooit sal gee nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 25, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 5:3-5 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Die lewe kan nogal onverwagte kinkels in die pad hê, nè? Net wanneer jy dit die minste verwag, slaat die teëspoed jou plat! Jy bevind jouself in 'n gat; 'n plek w...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Jou Geleentheid om te Groei

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 25, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!