Jou Hartsverandering episode artwork

EPISODE · Oct 10, 2024 · 2 MIN

Jou Hartsverandering

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMatteus 3:8 Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. Het jy al ooit probeer om 'n slegte gewoonte af te leer? Dis nie so maklik nie. Of dit nou rook is, of om die verkeerde kos te eet, om 'n nare persoon te wees, of om te skinder - wat dit ook al is – ja, my pêl, ons sukkel vir so ‘n rukkie en dan gooi ons tou op!Om onsself te verander en om ons lewens op 'n nuwe koers te kry; dié een wat ons regtig wil hê; dié een wat ons weet reg is; is soveel moeiliker as wat ‘n mens ooit verwag het dit sal wees! Kyk wat het Johannes die Doper destyds vir sy volk gesê om hulle voor te berei vir die koms van Jesus, hulle Messias: Matteus 3:8 Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. 'n Ander vertaling sou so klink: Bewys eerder deur julle voorbeeldige lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het.Bekering beteken 'n verandering van hart. En 'n hartsverandering, vanuit God se perspektief, is veronderstel om te lei tot ‘n lewe wat nuwe vrugte dra; goeie vrugte - wat gesien kan word in die wyse waarop ons leef. ‘n Lewe wat bewys is van ‘n hartsverandering.Soos A.W. Tozer dit gestel het: as ons nie deur God se genade verander is nie, dan is ons nie deur God se genade gered nie.Ek wens ek kon vir jou sê dat ék my lewe verander het, dat ék al my demone oorwin het en dat ék deur my goeie werke 'n beter mens geword het. Maar dit sal 'n leuen wees. Die krag om te verander, het eers gekom toe ek my hart vir Jesus oopgemaak het. Die krag het gekom toe ek geglo het dat Jesus aan die Kruis gesterf het en vir die straf, wat my sonde verdien, betaal het.Maar verandering is noodsaaklik. Laat God jou hart verander! Vra Hom. En wys deur die manier waarop jy leef dat jy verander het.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 10, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Matteus 3:8 Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. Het jy al ooit probeer om 'n slegte gewoonte af te leer? Dis nie so maklik nie. Of dit nou rook is, of om die verkeerde kos te eet, om 'n nare persoon te wees, of om te skinder - wat dit ook al is – ja, my pêl, ons sukkel vir so ‘n rukkie en dan gooi ons tou op! Om onsself te verander en om ons lewens op 'n nuwe koers te kry; dié een wat ons regtig wil hê; dié een wat ons weet reg is; is soveel moeiliker as w...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Jou Hartsverandering

0:00 2:50

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 10, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!