Jou Krag Kom van die Here episode artwork

EPISODE · Aug 2, 2024 · 3 MIN

Jou Krag Kom van die Here

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 62:11,12 Moenie vertrou op afpersing of valslik trots wees op rowery nie. En as jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie. God het duidelik gepraat, ek het dit telkens gehoor: die mag behoort aan God, (NLV) Daar is tye in die lewe wanneer dit, ten spyte van ons beste pogings, met baie energie en toewyding van ons kant af, lyk asof dinge net nie wil uitwerk nie. Daar is geen duidelike oplossing nie. En dit … dit is die oomblik wanneer ons regtig dom dinge doen. Regtig dom!Nouja, het jy al tevergeefs teen die prikkels geskop? Het jy aanhou skop en ‘n ander resultaat verwag? Of het jy maar net weer nog ‘n keer bedroë daarvan afgekom? So wat doen jy nou?Wel, sommige van ons is so steeks soos ‘n steeks donkie, ons wil nie hoor of een tree vorentoe gee nie. Dit is 'n baie dom manier om ‘n moeilike situasie te hanteer, maar ons het almal al so gereageer, nè?En ander kere het ons besluit om die reg in eie hande te neem. Ons het besluit om sommer bo-oor die mense om ons te loop; die verhouding te verbreek en in ons gedagtes daardie mense na die warmplek toe te stuur! Dit is skrikwekkend om te dink dat ons ooit so sal dink ... maar as ons eerlik is, is dit presies wat ons doen. Of miskien sal 'n bietjie oneerlikheid ook werk? Ek sal sonder om te blik of te bloos 'n onskuldige ou leuentjie vertel.Party mense dink dat geld wat geel is, rondmaak wat skeel is! Ja, hulle wil al hulle probleme met geld uit die weg ruim. Mense maak allerhande planne. Die moontlikhede is eindeloos. Ons wil net daardie deurbraak hê! Ons wil ons eie sin hê! Soos ek gesê het, doen ons dan 'n paar baie dom dinge.Maar wat is die alternatief? Of ons dit wil glo of nie, daar ís een … en dit is baie beter as wat ons dalk gedink het:Psalm 62:11,12 Moenie vertrou op afpersing of valslik trots wees op rowery nie. En as jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie. God het duidelik gepraat, ek het dit telkens gehoor: die mag behoort aan God, (NLV)Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 2, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 62:11,12 Moenie vertrou op afpersing of valslik trots wees op rowery nie. En as jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie. God het duidelik gepraat, ek het dit telkens gehoor: die mag behoort aan God, (NLV) Daar is tye in die lewe wanneer dit, ten spyte van ons beste pogings, met baie energie en toewyding van ons kant af, lyk asof dinge net nie wil uitwerk nie. Daar is geen duidelike oplossing nie. En dit … dit is die oomblik wanneer ons regtig ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Jou Krag Kom van die Here

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 2, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!