Jou Krag om Vrees te Oorwin episode artwork

EPISODE · Jan 17, 2024 · 2 MIN

Jou Krag om Vrees te Oorwin

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Timoteus 1:5-7 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Geloof, ware geloof in Jesus, is 'n goeie ding. 'n Baie wonderlike ding. En so leef jy in geloof, die gawes en vermoëns wat God jou gegee het, met al die beste voornemens ter wêreld uit. Dis voorwaar prysenswaardig.Dit is wonderlik om 'n ware geloof in God te hê; een wat deur dik en dun vasstaan. En soos ons gister gesien het, word daardie klein geloofsvlammetjie 'n verterende vuur, wanneer ons ons Godgegewe gawes en vermoëns tot sy eer gebruik. Dit is presies wat God se Woord sê in:2 Timoteus 1:5,6 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas.Maar weet jy, byna sonder uitsondering, die oomblik wanneer jy in geloof optree en daardie gawes gebruik om ander mee te dien en om eer aan Jesus se naam te bring … gaan jy teëstand ondervind – geestelike opposisie en wêreldse teëstand. Dit gebeur elke keer, en daarom skryf Paulus in die volgende asem:2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.Laat dit net insink. Wanneer Satan al die magte van die hel teen jou loslaat, is God se Gees jou bron van krag, van liefde en van selfbeheersing. Moenie bang wees nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 17, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:5-7 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Geloof, ware geloof in Jesus, is 'n goei...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Jou Krag om Vrees te Oorwin

0:00 2:42

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 17, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!