Jou Skild; Jou Pantser episode artwork

EPISODE · Apr 27, 2026 · 2 MIN

Jou Skild; Jou Pantser

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 18:31 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. Dink jy, jy sou twintig jaar gelede kon voorspel hoe jou lewe vandag gaan lyk? Vir die meeste van ons is die antwoord 'n duidelike nee, want dinge neem soveel onverwagte wendings, nie waar nie? Daar is soveel vooruitgang en veranderinge wat ons nooit kon voorsien nie...Met al die hoogte- en laagtepunte wat jy ervaar het, was daar sekerlik tye wat dinge net nie sin gemaak het nie. Hoekom het dit gebeur? Hoe kan dit reg wees? Hoe het ek in hierdie situasie beland?Dekades gelede, toe my hoop en drome voor my verpletter gelê het, het ek beslis daardie vrae gevra. En destyds kon ek nooit voorspel dat ek hier saam met jou sou wees en doen wat ek besig is om te doen nie. Maar langs die pad het ek ontdek hoe waar die woorde in hierdie versie is:Psalm 18:31 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.My reis was deurmekaar; joune waarskynlik ook. Maar as ek terugkyk, kan ek sien hoe God my op die pad, wat Hy vir my gekies het, gelei het. Ek kan sien hoe die koers wat Hy vir my uitgestippel het, foutloos en onberispelik was. Toe ek tot my sinne gekom het, het ek besef dat dit veilig sal wees om die leisels aan Hom te oorhandig.Ek het oor die jare op soveel verskillende maniere sy beloftes, sy wysheid en sy krag ervaar; dat ek sonder twyfel kan sê dat sy Woord waar is.Deur uiters onaangename omstandighede en pynlike ervarings, wat ek nie vir my ergste vyand sal toewens nie, het Hy my beskerm. Hy het my toevlugsoord geword; Hy het my veilig tot op hierdie punt gebring om by jou te wees. Want dit is wie God is ... vir my, en vir jou.En dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 27, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 18:31 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. Dink jy, jy sou twintig jaar gelede kon voorspel hoe jou lewe vandag gaan lyk? Vir die meeste van ons is die antwoord 'n duidelike nee, want dinge neem soveel onverwagte wendings, nie waar nie? Daar is soveel vooruitgang en veranderinge wat ons nooit kon voorsien nie... Met al die hoogte- en laagtepunte wat jy ervaar het, was daar sekerlik tye wat dinge net nie...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Jou Skild; Jou Pantser

0:00 2:45

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 27, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!